31 January 2009

Voorwoord

Ek het die blog in 2009 begin met die ideaal om 'n boek in Afrikaans die lig te laat sien. Jare late en het ek nog nie daarby uitgekom nie.  Hopelik kan ek dit die volgende paar jaar doen en dan ook met die fokus op 'n lae koolhidraat leefstyl as deel van behandeling.

Geweldig baie inligting is in Engels regoor die internet beskikbaar, maar bitter min in Afrikaans. Ek gaan wel nou en dan verwysings van ander blogs en webblaaie plaas, wat noodwendig in Engels gaan wees.

Enige kommentaar, vrae en inligting sal verwelkom word.



2 comments:

  1. Waar kan ek my gaan laat toets vir diabetes?

    ReplyDelete
  2. Haai AJ Ek was so lanklaas hier, eks eintlik bly iemand lees darem hier.

    Jy kan eers begin deur by 'n apteek sommer te toets, die beste is om eerste ding in die oggend te toets voor etes of as jy nie anders kan nie 2 ure nadat jy geeet het. (Jy kan ook jou dokter vra om jou te toets maar dit gaan duurder wees.)

    Indien jou suiker dan hoog is sal jy 'n ongelukkig jou dokter moet vra vir verdere toetse - gewoonlik doen hulle 'n glukose toleransie en trek bloed vir 'n HbA1c - dit is 'n toets wat jou gemiddelde bloedsuiker oor ongeveer 3 maande toets.

    Hoop dit help.

    ReplyDelete