01 March 2009

Diabetes: Wat is die simptome?

Tipe 2 diabetes kan en gaan wel soms ongediagnoseerd omdat dit lyk of die simptome skadeloos is en soms normaal voorkom. Daarom is dit belangrik dat almal wat 'n familiegeskiedenis van diabetes het om gereeld hulle bloedsuiker te laat toets. Simptome van Tipe 1 en 2 diabetes kan subtiel wees en alle simptome kom nie noodwendig gelyk voor nie.

Alhoewel sekere simptome van tipe 1 en tipe 2 diabetes wel ooreenkom is daar ook sekere verskille:

Aanvangsouderdom: Soos reeds beskryf kom tipe 1 diabetes meer algemeen voor by kinders en is tipe 1 diabete oor die algemeen jonger as die tipe 2 diabete. (Outoimmuniteit diabetes word soms by volwassenes ontwikkel en word LADA diabetes genoem en soms word kinders wat 'n tipe diabetes ontwikkel MODY diabetes genoem).


Liggaamsgewig: Tipe 1 diabeet is gewoonlik maer en van normale gewig terwyl die oorgrote meerderheid (ongeveer 80%) tipe 2 diabete oorgewig is. Oorgwig kan 'n faktor wees by die oorsaak van Tipe 2 diabetes maar nie die enigste faksot nie (sien bespreking van Tipe 2 diabetes).

Vlak van glukose: Hoë is 'n simptoom by beide Tipe 1 en 2 diabetes. Tipe 1 diabeet se glukose vlakke is gewoonlik baie hoër by aanvang as tipe 2 diabete. Tipe 1 diabete kan met aanvang bloedsuikers van meer as 16mmol/l hê, terwyl tipe 2 diabetes bloedsuikers van 11 – 14 mmol/l het.

Ernstigheid van aanvang: Tipe 1 diabetes het skielike ernstige en dramatiese aanvang, terwyl tipe 2 diabete gelykdelik simptome van diabetes toon. Tipe 2 diabeet kan vir jare 'n diabeet wees sonder dat hy/sy dit besef. Dit maak dit gevaarlik omdat dit baie keer eers gediagnoseer word wanneer komplikasies al ingetree het. (Let wel: ek verwys na ernstigheid van aanvang en nie na die ernstigheid per se van tipe 1 vs tipe 2 nie - albei tipe diabetes is gevaarlik)


Simptome by Tipe 1:


Van die simptome van 'n kind kan ervaar is:

Gereelde urinering: Die liggaam stort die oormatige glukose in die niere. Om te voorkom dat urine so dik soos stroop word, onttrek die niere vloeistof vanuit die liggaam om sodoende oormatige suiker uit te skei.
Uitermatige dors: Omdat die niere vloeistof uit die liggaam onttrek begin die liggaam ontwater en word die persoon geweldig dors. Dis nie ongewoon dat 'n persoon tot 5 liter water per dag inneem nie.
Uitermatige honger: As gevolg van insulien tekort kan glukose nie in die selle opgeneem word nie.(sien bespreking van metabolisme). Onthou die brein weet nie die liggaam het diabetes nie, al wat ervaar word is 'n hongerte omdat die selle hongersnood het. Nou begin die bose kringloop. Die persoon eet meer, glukose in bloed styg maar word nie opgeneem nie. Die liggaam ervaar steeds hongesnood. (Die gevolge is ketone en ketoasidose).
Ongewone gewigsverlies: Die liggaam begin vette afbreek as gevolg van die "hongersnood" wat hy ervaar. Vetsure vergiftig die liggaam en ketone onstaan wat ook in die urine uitgeskei word. Verlies aan spierweefsel vind ook plaas. Uiteinde is ketoasidose.
Toenemende moegheid: Die liggaam kan nie glukose opneem as energie nie en baie ander chemiese prosesse vind plaas om brandsof vir energie te kry. Dit veroorsaak moegheid.
Geïrriteerdheid: Die brein skakel oor na 'n "noodtoestand" die onbelangrikste aspek vir oorlewing word eerste afgeskakel en dit is die persoon se persoonlikheid. Die gevolg is dat die persoon geirriteerd raak, vinnig emosioneel raak, bakleierig raak, of selfs soos 'n dronk persoon optree.
Wasige sig: Dit word veroorsaak deurdat die glukose inhoud van die lens verskil van die glukose inhoud van die bloed. Die lens bevat geen bloedvate nie (om lig in die oog te laat). Glukose moet moet dus vanuit die omliggende vloeistof na die lens getrek word. Wanneer bloedglukose vinnig verander, verander die lens se glukose nie so vinnig nie. Indien die lens se glukose meer is as die van die bloed trek die lens vloeistof in wat veroorsaak dat die lens swel – dit verander die lens se vorm en veroorsaak tydelike bysiendheid. (Dit het niks te doen met oogkomplikasies wat na jare in die oog kan plaasvind nie.)
Slegte asem: As gevolg van hoë ketone ruik die asem amandelrig en sleg.
Naarheid en Braking: Die simptoom is baie ernstig. Dit beteken dat die kind reeds in 'n fase van ketoasidose inbeweeg waar die liggaam reeds deur ketone vergiftig is. 'n Kwart van alle kinders wat gediagnoseer word, beland in die hospitaal met ketoasidose.
Koma: Dit is 'n ernstig en lewensgevaarlik en vereis onmiddelike mediese aandag. Dokters sal bloedglukose geleidelik afbring in die hospitaal. Indien bloedglukose te vinnig afgebring word kan die brein swel wat tot die dood kan lei.


Simptome by Tipe 2:

Omdat die simptome nie skielik voorkom nie en nie altyd so sigbaar is nie word tipe 2 diabeet ongelukkig baie keer eers gediagnoseer wanneer komplikasies reeds begin begin het. Dit is dus belangrik om gereelde bloedsuiker toetse te laat doen. Dis belangrik om te onthou dat diabetes altyd ernstig is. Daar is nie grade van ernstigheid van diabetes nie.

Wasige sig: Soos bo beskryf
Snye en sere wat nie genees nie, mondsere, geswelde tandvleise en los tande en urienweg infeksies: Witbloedselle wat help met genesing van die liggaam funksioneer nie goed in hoë glukose omgewing nie en ongelukkig floreer bakterië wat infeksies veroorsaak in hoë glukose omgewing. Die liggaam is dus meer vatbaar vir infeksies.
Jeukerige vel en genitalië en gis infeksies (vaginale infeksies veral by die vrou): Gis (yeast) infeksies, ook genoem sproei floreer ook is hoë glukose omgewing, dit veroorsaak 'n gejeuk en ongemak.
Toenemende dors, droeë mond en toenemende behoefte aan urinering: Soos bo beskryf. Hier onstaan nie altyd ketoasidose nie maar 'n wat genoem word.
Pyne en lamheid in die bene en voete: Dit is 'n algemene newe effek van diabetes, ook genoem neuropatie wanneer senueindpunte beskadig is. Dit is weereens een van die simptome wat 'n teken is dat die persoon al reeds die toestand al baie lankal onder lede het.
Hartprobleme en hipertensie: Persone met tipe 2 diabetes is meer vatbaar vir hartprobleme as mense wat nie diabetes het nie.
Oorgewig en gewigsverlies: Indien die persoon oorgewig is, is die geneigdheid vir tipe 2 diabetes groter as wanneer iemand regte gewig handhaaf. (Oorgewig kan 'n simptoom wees van tipe 2 diabetes en nie noodwendig 'n oorsaak nie). Verder is skielike gewigsverlies (sonder 'n spesifieke dieet om gewig te verloor) ook 'n simptoom.

14 comments:

  1. ek voel soms dronk in my kop. het dit iets met bloedsuiker te doen?

    Dankie
    Anne

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit kan ook jou bloeddruk wees. Die beste is om beide te laat toets. Jy kan dit sommer by jou naaste apteek doen.

      Delete
  2. goeie more, ek vermoed my man ly aan diabetes ,maar ek is nie seker nie , hier is n paar tekens kan iemand my asb help ek is werklik indie nood. ongelooflike woede uitbarstings
    - onttrekking van gesin en kinders
    - raak aan die slaap onder gebed
    - persoonlikheidsverandering
    - voor mense 'n ware heer en voor ons 'n bombastiese man wat almal uit die huis tryf
    - mondhoeke geneig om te skeur
    - bkaasinfeksie
    - lae of geen libido
    -ongekooflike sweet
    -en hoes baie se dit voel of sy bors droog is
    -hy neem ongelooflike massas vloeistowwe in en kry nie genoeg nie
    - sy bloedsuiker was al met tye 24
    - hy verloor gewig maar sy maag bly kliphard


    hy het twee jaar gelede ;n verhouding met n vrou gehad waarop ak afgekom het dit was vir almal n ongelooflike skok.
    ons weet nie of daar nog vrouens betrokke is nie maar die kanse is nie uitgesluit nie.

    sy bloedruk is ongelooflik hoog.


    mense iemand help ons asb asb ons kan nie meer nie ons gesin is besig om te vou en ek weet nnie met wie om te praat nie. die ergte is hy weier om dr toe te gaan. dankie vir die wat kan help
    -

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die simptome wat jou man het kan dui op Tipe 2 diabetes. Dis egter ongelooflik belangrik dat hy behandeling kry anders tree onomkeerbare komplikasies in. Dit wil ook vir my voorkom asof hy ook in 'n mate depressief is (wat kan wees as gevolg van die feit dat hy nie lekker voel nie).

      Hoe is sy suiker getoets? S0 'n hoe suiker-telling is defnitief abnormaal.

      Verder moet hy oefening inkry en jy sal sy dieet moet aanpas. Dit alreeds behoort 'n groot verbetering te weeg te bring.
      Probeer hom defnitief oorreed om by 'n dokter uit te kom sodat hy die regte behandeling kan kry.

      Delete
  3. Naand, ek wil graag weet, my simptome is naarheid, hitte gloede,sien geel kolle,kop wat draai as ek coke of iets soets geeet het,huilirig, eintlik maar meer mood swings,hoofpyne, as ek iets soets geeet of gedrink het as ek in die ogend opstaan dan voel dit of ek vreeslik gedrink het die vorige aand maar ek drink nie eers nie

    ReplyDelete
  4. Ey eks 19 word 20 september..die het nou al tweekeer met my gebeur waar ek naar word vir weke al eet ek of nie is ek naar mar nooit kom dit uit nie.. dan begin ek duislig word dan kry ek warm dan begin ek bewe dans ek lam kan niks dun of prati...eks verskriklik moegerig my lyf is aldag seer ek snag betykeer na asem ekt betykeer ni krag ni as ek iets rond skuif of optel dans ek moeg uitasem uit...ek was al by n dokter en die het vi my gese eks lewens moeg en depresief en gee vi my anti-depresante bety se dis angs anvale of begin van epilepties...kan iemand my dalk help asseblief ek vra mooi!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jammer ek reageer nou eers. Ek hoop teen die tyd voel jy al beter. Jy is te jonk om so te voel. My opinie gaan sien 'n ander dokter en kry ordentlike mediese advies.

      Delete
  5. Middag,ek is 38jr oud. Ek gaan slaap moeg staan moeg op. My mond is gedurig droog en urineer uitermatig baie. Wat vir my snaaks is die afgelope 6mde word ek net skielik erg siek. Ek sukkel die afgelope 3jr met erge hoofpyne,voel meer soos drukking op die brein. Ekt al verskeie pille gebruik wat deur my dokter aan my voorgeskryf is. Nou deesdae amper elke dag staan ek op in die oggend en makeer niks behalwe dat dit voel eks nie uitgerus nie. So by 10uur in die oggende begin ek geweldig siek word. Dit voel of daar skielik ñ daling van iets in my liggaam plaasvind,dan begin my hele lyf binne te bewe,ek word erg naar maar bring nie op nie. Eks van balans af,ek kan nie staan nie want dit voel of my bene wil ingee onder my. Als lyk vir my snaaks. My vingerpunte is dood en ek kan skaars my arms optel. My tong voel of hy dik is en ek sukkel om te praat. Ek is kort asem. Dit voel dan ok die heletyd of ek net wil weg raak,amper soos by die toediening van narkose. My hele lyf slaan vol koue sweet uit. Ek gaan altyd dadelik dat die apteek my bloeddruk en suiker toets maar dis reg. Die afgelope week bly my bloeddruk laag. Die laagste wat hy gegaan het was 116 oor 48. My suiker was toe 4.6 Ek is verwys na ñ internis wat nou bloedtoetse laat doen vir als. Ek sal die uitslae die 8ste April kry. My ma was ñ tipe 2 diabeet. Sy is 6jr gelede oorlede aan orgaan versaking. Is daar ñ moontlikheid dat my simptome aan diabete gekoppel word? My bene pyn ook in die aande vreeslik dan voel dit asof daar iets swaars in hulle is. My hande en voete voel gedurig koud ongeag van hoe die weer is. Asb help?? O ja ek het nooit naar geword as ek ñ eier geeet het nie en so jaar gelede het ek begin naar word sodra ek ñ eier geeet het maak nie saak op watter manier hy gaar gemaak word nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jammer dat ek nou eers reageer. Ek hoop teen die tyd is jou probleem al uitgesorteer en weet jy wat fout is. Ek kan net byvoeg dat daar wel 'n genetiese aspek is by Tipe 2 diabetes en moet jy maar jou suiker in elk geval dophou.

      Delete
  6. middag. my pa is 57 jaar en is gediagnoseer met suikersiekte, hy gebruik tans glucophase 1000. sy vrou het n snaakse vraag en wil weet of suikersiekte jou seks kewe kan beinvloed of nie .niemand kan ons n direkte antwoord gee nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Diabetes word gekoppel aan impotensie en oor die algemeen ook laer libido. Onthou wanneer iemand nie lekker voel nie het hy ook nie belangstelling in die liefdeslewe nie.

      Delete
  7. Hi Riette, ek is 'n 23 jaarige dame wat gereeld sukkel met duisligheid,somtyds naarheid maar ek staan baie op in die aande om badkamer toe te gaan. ek sien ook baie gereeld blur voor my. Ek eet ook baie deur die dag en het seer voete as dit warm is. ek het al i paar keur urine infeksie gehad en voel aanmekaar moeg. dink jy dit is simptome van diabeties? Sal ek myself moet gaan toets?

    ReplyDelete
  8. Hi my ma is 53 sy kry vreeslike lelike spatare op haar bene wat bars en vreeslik lyk een van hulle is klip hard en maak n puntjie.sy kry n koue sweet en voel lam partykeer sal sy omval en dan later weer by kom.haar bene word ook lam.kan dit diabeet wees of iets anders.

    ReplyDelete
  9. Hai my dogter is 17 en sy beleef byna elke dag duisligheid en dan naarheid en kopseer . Ekt eers gedink sy eet ni reg ni maar sy doen. Sy raak vreeslik dors en piepie vreeslik baie is daar n kans dat sy dalk suikersiekte kan he? My man se ma en pa het alby suikersiekte

    ReplyDelete