01 March 2009

Diabetes: Wat is die simptome?

Tipe 2 diabetes kan en gaan wel soms ongediagnoseerd omdat dit lyk of die simptome skadeloos is en soms normaal voorkom. Daarom is dit belangrik dat almal wat 'n familiegeskiedenis van diabetes het om gereeld hulle bloedsuiker te laat toets. Simptome van Tipe 1 en 2 diabetes kan subtiel wees en alle simptome kom ook nie noodwendig gelyk voor nie.

Ek kan nie meer beklemtoon dat bloedsuiker gereeld getoets moet word nie. Selfs by kinders. 'n Eenvoudige vingerprik toets is in baie gevalle reeds genoeg om diabetes te diagnoseer.

Alhoewel sekere simptome van tipe 1 en tipe 2 diabetes wel ooreenkom is daar ook sekere verskille:

Aanvangsouderdom: Tipe 1 diabetes word meer algemeen by kinders gediagnoseer.  (Outoimmuniteit diabetes- tipe 1) word soms by volwassenes ontwikkel en word LADA diabetes genoem en soms word kinders wat 'n tipe diabetes ontwikkel MODY diabetes genoem).


Liggaamsgewig: Tipe 1 diabeet is gewoonlik maer en van normale gewig terwyl die oorgrote meerderheid (ongeveer 80%) tipe 2 diabete oorgewig is. Oorgewig is 'n simptoom van Tipe 2 diabetes nie die oorsaak nie.

Vlak van glukose: Hoë is 'n simptoom by beide Tipe 1 en 2 diabetes. Tipe 1 diabeet se glukose vlakke is gewoonlik baie hoër by aanvang as tipe 2 diabete. Tipe 1 diabete kan met aanvang bloedsuikers van meer as 16mmol/l hê, terwyl tipe 2 diabetes bloedsuikers van 11 – 14 mmol/l het.

Ernstigheid van aanvang: Tipe 1 diabetes het skielike ernstige en dramatiese aanvang, terwyl tipe 2 diabete gelykdelik simptome van diabetes toon. Tipe 2 diabeet kan vir jare 'n diabeet wees sonder dat hy/sy dit besef. Dit maak dit gevaarlik omdat dit baie keer eers gediagnoseer word wanneer komplikasies al ingetree het. (Let wel: ek verwys na ernstigheid van aanvang en nie na die ernstigheid per se van tipe 1 vs tipe 2 nie - albei tipe diabetes is gevaarlik)


Simptome by Tipe 1:

Van die simptome van 'n kind kan ervaar is:

Gereelde urinering: Die liggaam stort die oormatige glukose in die niere. Om te voorkom dat urine so dik soos stroop word, onttrek die niere vloeistof vanuit die liggaam om sodoende oormatige suiker uit te skei.
Uitermatige dors: Omdat die niere vloeistof uit die liggaam onttrek begin die liggaam ontwater en word die persoon geweldig dors. Dis nie ongewoon dat 'n persoon tot 5 liter water per dag inneem nie.
Uitermatige honger: As gevolg van insulien tekort kan glukose nie in die selle opgeneem word nie.(sien bespreking van metabolisme). Onthou die brein weet nie die liggaam het diabetes nie, al wat ervaar word is 'n hongerte omdat die selle hongersnood het. Nou begin die bose kringloop. Die persoon eet meer, glukose in bloed styg maar word nie opgeneem nie. Die liggaam ervaar steeds hongesnood. (Die gevolge is ketoasidose).
Ongewone gewigsverlies: Die liggaam begin vette afbreek as gevolg van die "hongersnood" wat hy ervaar. Vetsure vergiftig die liggaam en ketone onstaan wat ook in die urine uitgeskei word. Verlies aan spierweefsel vind ook plaas. Uiteinde is ketoasidose.
Toenemende moegheid: Die liggaam kan nie glukose opneem as energie nie en baie ander chemiese prosesse vind plaas om brandsof vir energie te kry. Dit veroorsaak moegheid.
Geïrriteerdheid: Die brein skakel oor na 'n "noodtoestand" die onbelangrikste aspek vir oorlewing word eerste afgeskakel en dit is die persoon se persoonlikheid. Die gevolg is dat die persoon geirriteerd raak, vinnig emosioneel raak, bakleierig raak, of selfs soos 'n dronk persoon optree.
Wasige sig: Dit word veroorsaak deurdat die glukose inhoud van die lens verskil van die glukose inhoud van die bloed. Die lens bevat geen bloedvate nie (om lig in die oog te laat). Glukose moet moet dus vanuit die omliggende vloeistof na die lens getrek word. Wanneer bloedglukose vinnig verander, verander die lens se glukose nie so vinnig nie. Indien die lens se glukose meer is as die van die bloed trek die lens vloeistof in wat veroorsaak dat die lens swel – dit verander die lens se vorm en veroorsaak tydelike bysiendheid. (Dit het niks te doen met oogkomplikasies wat na jare in die oog kan plaasvind nie.)
Slegte asem: As gevolg van hoë ketone ruik die asem amandelrig en sleg.
Naarheid en Braking: Die simptoom is baie ernstig. Dit beteken dat die kind reeds in 'n fase van ketoasidose inbeweeg waar die liggaam reeds deur ketone vergiftig is. 'n Kwart van alle kinders wat gediagnoseer word, beland in die hospitaal met ketoasidose.
Koma: Dit is 'n ernstig en lewensgevaarlik en vereis onmiddelike mediese aandag. Dokters sal bloedglukose geleidelik afbring in die hospitaal. Indien bloedglukose te vinnig afgebring word kan die brein swel wat tot die dood kan lei.


Simptome by Tipe 2:

Omdat die simptome nie skielik voorkom nie en nie altyd so sigbaar is nie word tipe 2 diabeet ongelukkig baie keer eers gediagnoseer wanneer komplikasies reeds begin begin het. Dit is dus belangrik om gereelde bloedsuiker toetse te laat doen. Dis belangrik om te onthou dat diabetes altyd ernstig is. Daar is nie grade van ernstigheid van diabetes nie.

Wasige sig: Soos bo beskryf
Snye en sere wat nie genees nie, mondsere, geswelde tandvleise en los tande en urienweg infeksies: Witbloedselle wat help met genesing van die liggaam funksioneer nie goed in hoë glukose omgewing nie en ongelukkig floreer bakterië wat infeksies veroorsaak in hoë glukose omgewing. Die liggaam is dus meer vatbaar vir infeksies.
Jeukerige vel en genitalië en gis infeksies (vaginale infeksies veral by die vrou): Gis (yeast) infeksies, ook genoem sproei floreer ook is hoë glukose omgewing, dit veroorsaak 'n gejeuk en ongemak.
Toenemende dors, droeë mond en toenemende behoefte aan urinering: Soos bo beskryf. Hier onstaan nie altyd ketoasidose nie maar 'n wat genoem word.
Pyne en lamheid in die bene en voete: Dit is 'n algemene newe effek van diabetes, ook genoem neuropatie wanneer senueindpunte beskadig is. Dit is weereens een van die simptome wat 'n teken is dat die persoon al reeds die toestand al baie lankal onder lede het.
Hartprobleme en hipertensie: Persone met tipe 2 diabetes is meer vatbaar vir hartprobleme as mense wat nie diabetes het nie.
Oorgewig en gewigsverlies: Indien die persoon oorgewig is, is die geneigdheid vir tipe 2 diabetes groter as wanneer iemand regte gewig handhaaf. (Oorgewig kan 'n simptoom wees van tipe 2 diabetes en nie noodwendig 'n oorsaak nie). Verder is skielike gewigsverlies (sonder 'n spesifieke dieet om gewig te verloor) ook 'n simptoom.

Donker vlekke op die vel: Veral in die nek voue en arm voue.


38 comments:

  1. ek voel soms dronk in my kop. het dit iets met bloedsuiker te doen?

    Dankie
    Anne

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit kan ook jou bloeddruk wees. Die beste is om beide te laat toets. Jy kan dit sommer by jou naaste apteek doen.

      Delete
  2. goeie more, ek vermoed my man ly aan diabetes ,maar ek is nie seker nie , hier is n paar tekens kan iemand my asb help ek is werklik indie nood. ongelooflike woede uitbarstings
    - onttrekking van gesin en kinders
    - raak aan die slaap onder gebed
    - persoonlikheidsverandering
    - voor mense 'n ware heer en voor ons 'n bombastiese man wat almal uit die huis tryf
    - mondhoeke geneig om te skeur
    - bkaasinfeksie
    - lae of geen libido
    -ongekooflike sweet
    -en hoes baie se dit voel of sy bors droog is
    -hy neem ongelooflike massas vloeistowwe in en kry nie genoeg nie
    - sy bloedsuiker was al met tye 24
    - hy verloor gewig maar sy maag bly kliphard


    hy het twee jaar gelede ;n verhouding met n vrou gehad waarop ak afgekom het dit was vir almal n ongelooflike skok.
    ons weet nie of daar nog vrouens betrokke is nie maar die kanse is nie uitgesluit nie.

    sy bloedruk is ongelooflik hoog.


    mense iemand help ons asb asb ons kan nie meer nie ons gesin is besig om te vou en ek weet nnie met wie om te praat nie. die ergte is hy weier om dr toe te gaan. dankie vir die wat kan help
    -

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die simptome wat jou man het kan dui op Tipe 2 diabetes. Dis egter ongelooflik belangrik dat hy behandeling kry anders tree onomkeerbare komplikasies in. Dit wil ook vir my voorkom asof hy ook in 'n mate depressief is (wat kan wees as gevolg van die feit dat hy nie lekker voel nie).

      Hoe is sy suiker getoets? S0 'n hoe suiker-telling is defnitief abnormaal.

      Verder moet hy oefening inkry en jy sal sy dieet moet aanpas. Dit alreeds behoort 'n groot verbetering te weeg te bring.
      Probeer hom defnitief oorreed om by 'n dokter uit te kom sodat hy die regte behandeling kan kry.

      Delete
    2. hi ek is nikita roux is nou 18 het onlangs my suiker getoets en dit was 13.9 ek wil weet wat dit dalk kan wees my suiker is party oggende normaal maar deur die dag hoog gaan nie onder 8 nie ek is baie moeg al slaap ek my gewone ure bly ek altyd moeg......ek raak ook baie bewerig soo 5-6 keer n maand en ek was al by kliniek maar hulle kan my nie help nie het altyd verskonings wat kan dit dalk wees ?en enige raad .....baie dankie

      Delete
  3. Ey eks 19 word 20 september..die het nou al tweekeer met my gebeur waar ek naar word vir weke al eet ek of nie is ek naar mar nooit kom dit uit nie.. dan begin ek duislig word dan kry ek warm dan begin ek bewe dans ek lam kan niks dun of prati...eks verskriklik moegerig my lyf is aldag seer ek snag betykeer na asem ekt betykeer ni krag ni as ek iets rond skuif of optel dans ek moeg uitasem uit...ek was al by n dokter en die het vi my gese eks lewens moeg en depresief en gee vi my anti-depresante bety se dis angs anvale of begin van epilepties...kan iemand my dalk help asseblief ek vra mooi!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jammer ek reageer nou eers. Ek hoop teen die tyd voel jy al beter. Jy is te jonk om so te voel. My opinie gaan sien 'n ander dokter en kry ordentlike mediese advies.

      Delete
  4. Middag,ek is 38jr oud. Ek gaan slaap moeg staan moeg op. My mond is gedurig droog en urineer uitermatig baie. Wat vir my snaaks is die afgelope 6mde word ek net skielik erg siek. Ek sukkel die afgelope 3jr met erge hoofpyne,voel meer soos drukking op die brein. Ekt al verskeie pille gebruik wat deur my dokter aan my voorgeskryf is. Nou deesdae amper elke dag staan ek op in die oggend en makeer niks behalwe dat dit voel eks nie uitgerus nie. So by 10uur in die oggende begin ek geweldig siek word. Dit voel of daar skielik ñ daling van iets in my liggaam plaasvind,dan begin my hele lyf binne te bewe,ek word erg naar maar bring nie op nie. Eks van balans af,ek kan nie staan nie want dit voel of my bene wil ingee onder my. Als lyk vir my snaaks. My vingerpunte is dood en ek kan skaars my arms optel. My tong voel of hy dik is en ek sukkel om te praat. Ek is kort asem. Dit voel dan ok die heletyd of ek net wil weg raak,amper soos by die toediening van narkose. My hele lyf slaan vol koue sweet uit. Ek gaan altyd dadelik dat die apteek my bloeddruk en suiker toets maar dis reg. Die afgelope week bly my bloeddruk laag. Die laagste wat hy gegaan het was 116 oor 48. My suiker was toe 4.6 Ek is verwys na ñ internis wat nou bloedtoetse laat doen vir als. Ek sal die uitslae die 8ste April kry. My ma was ñ tipe 2 diabeet. Sy is 6jr gelede oorlede aan orgaan versaking. Is daar ñ moontlikheid dat my simptome aan diabete gekoppel word? My bene pyn ook in die aande vreeslik dan voel dit asof daar iets swaars in hulle is. My hande en voete voel gedurig koud ongeag van hoe die weer is. Asb help?? O ja ek het nooit naar geword as ek ñ eier geeet het nie en so jaar gelede het ek begin naar word sodra ek ñ eier geeet het maak nie saak op watter manier hy gaar gemaak word nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jammer dat ek nou eers reageer. Ek hoop teen die tyd is jou probleem al uitgesorteer en weet jy wat fout is. Ek kan net byvoeg dat daar wel 'n genetiese aspek is by Tipe 2 diabetes en moet jy maar jou suiker in elk geval dophou.

      Delete
  5. middag. my pa is 57 jaar en is gediagnoseer met suikersiekte, hy gebruik tans glucophase 1000. sy vrou het n snaakse vraag en wil weet of suikersiekte jou seks kewe kan beinvloed of nie .niemand kan ons n direkte antwoord gee nie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Diabetes word gekoppel aan impotensie en oor die algemeen ook laer libido. Onthou wanneer iemand nie lekker voel nie het hy ook nie belangstelling in die liefdeslewe nie.

      Delete
  6. Hi Riette, ek is 'n 23 jaarige dame wat gereeld sukkel met duisligheid,somtyds naarheid maar ek staan baie op in die aande om badkamer toe te gaan. ek sien ook baie gereeld blur voor my. Ek eet ook baie deur die dag en het seer voete as dit warm is. ek het al i paar keur urine infeksie gehad en voel aanmekaar moeg. dink jy dit is simptome van diabeties? Sal ek myself moet gaan toets?

    ReplyDelete
  7. Hi my ma is 53 sy kry vreeslike lelike spatare op haar bene wat bars en vreeslik lyk een van hulle is klip hard en maak n puntjie.sy kry n koue sweet en voel lam partykeer sal sy omval en dan later weer by kom.haar bene word ook lam.kan dit diabeet wees of iets anders.

    ReplyDelete
  8. Hai my dogter is 17 en sy beleef byna elke dag duisligheid en dan naarheid en kopseer . Ekt eers gedink sy eet ni reg ni maar sy doen. Sy raak vreeslik dors en piepie vreeslik baie is daar n kans dat sy dalk suikersiekte kan he? My man se ma en pa het alby suikersiekte

    ReplyDelete
  9. wat se oefening kan ek doen vir my voete wat pyp daar is gevalle waar mense hulle bene verloor bloeddruk is onderbeheer suiker af staan tans tussen 7.1 en 9 in oggend as ek op staan

    ReplyDelete
  10. Goeie dag ek sukkel met lae bloeddruk , dismenoree en ook endometriose , bly duiselig heeldag, moeg(ek gaap my dood teen 10 uur die oggend), sommige dae is ek naar, bly dors, kry warm/koue gloede? Ek gaan baie toilet toe, my huisdokter het bloed laat trek vir lewer,skildklier laat weet daar is niks fout nie, dalk moet ons nou toets vir ystertekort,

    ReplyDelete
  11. Goeie dag,my verloofde sit al jare met n hoofpyn wat sy kry.Sy staan ook op met dit in die oggende.Sy het bloedruk pille gekry en gedrink maar dit het dit net vererger en dit sit ook om in migrane wat is daar wat n mens kan doen om dit uit te sort a.s.b.

    ReplyDelete
  12. Goeienaand
    Ek is van 2006 al ''n diabeet.
    Tipe2 spuit insulien
    Sit vanaand met snaakse ding my linkerbeen, maag en agter op my lae rug en alles net aan die linkerkant. Alles is warm ook as of ek koors net daar het. Enige idee wat dit is

    ReplyDelete
  13. Goeienaand
    Ek is van 2006 al ''n diabeet.
    Tipe2 spuit insulien
    Sit vanaand met snaakse ding my linkerbeen, maag en agter op my lae rug en alles net aan die linkerkant. Alles is warm ook as of ek koors net daar het. Enige idee wat dit is

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dis maar altyd beter om 'n dokter te sien voordat dit te ernstig raak. Komplikasies is onomkeerbaar. Maak seker dat jy jou bloedsuiker beheer. Die beste manier is maar om 'n lae koolhidraat leefstyl te volg.

      Delete
  14. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  15. Goeie dag.
    Ons kleinkind is besig met pottie-trian. (2 en half jaar oud). Sy juk onder baie (dit is rooi en sy krap baie). Nou se die apteek ons moet haar laat toets vir diabetes? Wat laat hom dink dit dat sy diabetes kan wees.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jacoline, teen die tyd hoop ek darem dis al uitgesorteer. Tipe 1 se diagnose is effe anders as tipe 2, waar "thrush" en vaginale infeksie meer algemeen is. Vat haar ook na 'n uroloog toe om te kyk of haar urienbuisies nie vernou is nie, wat ook infeksie kan veroorsaak. Laat weet gerus wat was die uitslae.

      Delete
  16. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  17. GOEIE DAG
    Ek is 47 jaar en is altyd moeg. my hele lyf pyn veral my rug en heupe. My spiere ook altyd seer kan partymaal nie my arms lig. Ek tel skierlik vir niks gewig op en verloor amper niks met diet. As ek suiker inneem voel ek baie lam en wil ek heeltyd net slap. Kan u help

    ReplyDelete
    Replies
    1. Suiker en koolhidrate is maar sleg vir die meeste mense. Ek beveel aan om 'n lae koolhidrate dieet te volg.

      Dit is egter ook belangrik dat jy nie met jou gesondheid speel nie en 'n dokter besoek.

      Delete
  18. my suiker wys 7.1...is dit normaal? ek het al my skildklier laat toets, niks fout. eks moeg, kan nie konsentreer nie en vergeet heeltyd als.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit hang af van wanneer jy jou suiker getoets het.

      Ek stel in elk geval voor dat jy 'n dokter besoek en spesifiek jou HbA1c toets om te sien wat jou gemiddelde bloedsuiker is oor 'n periode van ongeveer 12 weke.

      Delete
  19. Ek is Diabeet (2) - inspuitings. My suiker egter meestal laag nl tussen 5 en 3 en Selde( paar Keer n maand) hoer as 8, baie Selde 11. Vreeslik pyn in bene. Hoekom verbeter pyn nie nou dat my suiker laer is nie? Kry vibrasies in my kop. Sien flikkerende ligte en kan daarna v paar minute niks sien nie. Sensitief v klank - alles klink oorverdowend. Baie dronk in kop. Is sigprobleem, vibrasies en klankprobleem ook deel van diabetes soos d neuropatie vn bene? Het ook arteriele fibrolasie en erge slaap apnea - CPAP masjien red basies my lewe want my hart gaan staan soms terwyl ek slaap.Dr se dat Hartkloppings van lae suiker is. Enige kommentaar welkom.

    ReplyDelete
  20. Ek is tipe 2,ek wil net graag weet ek kry in die aande die totale lamgevoel in my hele lyf ek wil net gaan sit,het nie krag om te loop of niks te doen wat kan die oorsaak wees,sal graag julle opinie wil hoor

    ReplyDelete
  21. Hi my vrou is n suiker leier haar hele familie lei daar aan.Sy het baie gewig verloor en is maer is daar nie iets wat ek vir haar kan koop nie om weer haar gewig reg te kry nie asb.Kan u my enige raad gee om haar te help om gewig op te tel al moet ek ook my eetgewoontes verander sal ek dit doen vir haar.

    ReplyDelete
  22. my man is 61 hy kry aanvalle maar die dokters se dit is nie epilepsie nie sy linker oog flits dan beegin sy kop ruk en regter arm trek stuif en linker kant van mond terk skeef maar na so 4 minute kom dit weer reg en dan is hy bietjie dronk en van balanse kan iemand my asb laat weet wat dit kan wees ons dokters kan nie uitvind nie

    ReplyDelete
  23. Kan dit veroorsaak dat jou oe uitermatig traan?

    ReplyDelete
  24. Ek doen net navraag i v m my moeder wat 91 jaar oud is. ons apteker was baie nalatig en het vir haar verkeerde medisyne gegee. Hy gee vir haar Sandoz Gliclazide 80mg!!!! Sy is NIE 'n diabeet nie en dit het haar suiker laat daal na 1,6 Sy is by die hospitaal met Hipoglicemia koma gediagnoseer. Sy was in 'n koma vir 3 dae en amper dood. Sy is nou so swak en kan niks meer doen nie. Wat kan sy gebruik om weer haar kragte en lewenslus terug te kry. Sy was baie gesond en het nog al die huiswerk gedoen en in die tuin gedoen. Baie dankie.

    ReplyDelete
  25. Ek doen net navraag i v m my moeder wat 91 jaar oud is. ons apteker was baie nalatig en het vir haar verkeerde medisyne gegee. Hy gee vir haar Sandoz Gliclazide 80mg!!!! Sy is NIE 'n diabeet nie en dit het haar suiker laat daal na 1,6 Sy is by die hospitaal met Hipoglicemia koma gediagnoseer. Sy was in 'n koma vir 3 dae en amper dood. Sy is nou so swak en kan niks meer doen nie. Wat kan sy gebruik om weer haar kragte en lewenslus terug te kry. Sy was baie gesond en het nog al die huiswerk gedoen en in die tuin gedoen. Baie dankie.

    ReplyDelete
  26. For the last week I am experiencing the following quite a lot during the day and last night for the first time while I was asleep as well:
    - First I am getting dizzy
    - Then my arms and hands feel totally numb (whatever is in my right hand will fall out)
    - Then my left arms will start to shake
    - Then my jaw and lip (not my upper lip) will start feeling like pins and needles
    This whole experience will last for about 30 seconds and then I will feel fine again. But this is freaking me out.
    Do you any idea what this can be?

    ReplyDelete
  27. Goeiedag. My ma is n tipe 2 diabeet.Sy kla nou van haar maag wat seer is en haar anus wat brand.
    Wat kan dit wees? Sy is nie hardlywig nie..En sy kom moeg voor.

    ReplyDelete
  28. Goeie naand. My aanstaande kry spierpyne en is altyd moeg. Ek wil net graag weet of dit die medikasie is wat hy gebruik as diabetes. Hy tel ook baie gewig op en het sy eet gewoontes al verander maar die pyne word net erger. Hy het bloed laat trek vir skildkliertoets en kry Vrydag eers die uitslag. Wat kan die pyne in sy spiere veroorsaak? Baie dankie

    ReplyDelete