Tipe 2 diabetes kan en gaan wel soms ongediagnoseerd omdat dit lyk of die simptome skadeloos is en soms normaal voorkom. Daarom is dit belangrik dat almal wat 'n familiegeskiedenis van diabetes het om gereeld hulle bloedsuiker te laat toets. Simptome van Tipe 1 en 2 diabetes kan subtiel wees en alle simptome kom ook nie noodwendig gelyk voor nie.
Ek kan nie meer beklemtoon dat bloedsuiker gereeld getoets moet word nie. Selfs by kinders. 'n Eenvoudige vingerprik toets is in baie gevalle reeds genoeg om diabetes te diagnoseer.
Alhoewel sekere simptome van tipe 1 en tipe 2 diabetes wel ooreenkom is daar ook sekere verskille:
Aanvangsouderdom: Tipe 1 diabetes word meer algemeen by kinders gediagnoseer. (Outoimmuniteit diabetes- tipe 1) word soms by volwassenes ontwikkel en word LADA diabetes genoem en soms word kinders wat 'n tipe diabetes ontwikkel MODY diabetes genoem).
Liggaamsgewig: Tipe 1 diabeet is gewoonlik maer en van normale gewig terwyl die oorgrote meerderheid (ongeveer 80%) tipe 2 diabete oorgewig is. Oorgewig is 'n simptoom van Tipe 2 diabetes nie die oorsaak nie.
Vlak van glukose: Hoë is 'n simptoom by beide Tipe 1 en 2 diabetes. Tipe 1 diabeet se glukose vlakke is gewoonlik baie hoër by aanvang as tipe 2 diabete. Tipe 1 diabete kan met aanvang bloedsuikers van meer as 16mmol/l hê, terwyl tipe 2 diabetes bloedsuikers van 11 – 14 mmol/l het.
Ernstigheid van aanvang: Tipe 1 diabetes het skielike ernstige en dramatiese aanvang, terwyl tipe 2 diabete gelykdelik simptome van diabetes toon. Tipe 2 diabeet kan vir jare 'n diabeet wees sonder dat hy/sy dit besef. Dit maak dit gevaarlik omdat dit baie keer eers gediagnoseer word wanneer komplikasies al ingetree het. (Let wel: ek verwys na ernstigheid van aanvang en nie na die ernstigheid per se van tipe 1 vs tipe 2 nie - albei tipe diabetes is gevaarlik)
Simptome by Tipe 1:
Van die simptome van 'n kind kan ervaar is:
Gereelde urinering: Die liggaam stort die oormatige glukose in die niere. Om te voorkom dat urine so dik soos stroop word, onttrek die niere vloeistof vanuit die liggaam om sodoende oormatige suiker uit te skei.
Uitermatige dors: Omdat die niere vloeistof uit die liggaam onttrek begin die liggaam ontwater en word die persoon geweldig dors. Dis nie ongewoon dat 'n persoon tot 5 liter water per dag inneem nie.
Uitermatige honger: As gevolg van insulien tekort kan glukose nie in die selle opgeneem word nie.(sien bespreking van metabolisme). Onthou die brein weet nie die liggaam het diabetes nie, al wat ervaar word is 'n hongerte omdat die selle hongersnood het. Nou begin die bose kringloop. Die persoon eet meer, glukose in bloed styg maar word nie opgeneem nie. Die liggaam ervaar steeds hongesnood. (Die gevolge is ketoasidose).
Ongewone gewigsverlies: Die liggaam begin vette afbreek as gevolg van die "hongersnood" wat hy ervaar. Vetsure vergiftig die liggaam en ketone onstaan wat ook in die urine uitgeskei word. Verlies aan spierweefsel vind ook plaas. Uiteinde is ketoasidose.
Toenemende moegheid: Die liggaam kan nie glukose opneem as energie nie en baie ander chemiese prosesse vind plaas om brandsof vir energie te kry. Dit veroorsaak moegheid.
Geïrriteerdheid: Die brein skakel oor na 'n "noodtoestand" die onbelangrikste aspek vir oorlewing word eerste afgeskakel en dit is die persoon se persoonlikheid. Die gevolg is dat die persoon geirriteerd raak, vinnig emosioneel raak, bakleierig raak, of selfs soos 'n dronk persoon optree.
Wasige sig: Dit word veroorsaak deurdat die glukose inhoud van die lens verskil van die glukose inhoud van die bloed. Die lens bevat geen bloedvate nie (om lig in die oog te laat). Glukose moet moet dus vanuit die omliggende vloeistof na die lens getrek word. Wanneer bloedglukose vinnig verander, verander die lens se glukose nie so vinnig nie. Indien die lens se glukose meer is as die van die bloed trek die lens vloeistof in wat veroorsaak dat die lens swel – dit verander die lens se vorm en veroorsaak tydelike bysiendheid. (Dit het niks te doen met oogkomplikasies wat na jare in die oog kan plaasvind nie.)
Slegte asem: As gevolg van hoë ketone ruik die asem amandelrig en sleg.
Naarheid en Braking: Die simptoom is baie ernstig. Dit beteken dat die kind reeds in 'n fase van ketoasidose inbeweeg waar die liggaam reeds deur ketone vergiftig is. 'n Kwart van alle kinders wat gediagnoseer word, beland in die hospitaal met ketoasidose.
Koma: Dit is 'n ernstig en lewensgevaarlik en vereis onmiddelike mediese aandag. Dokters sal bloedglukose geleidelik afbring in die hospitaal. Indien bloedglukose te vinnig afgebring word kan die brein swel wat tot die dood kan lei.
Simptome by Tipe 2:
Omdat die simptome nie skielik voorkom nie en nie altyd so sigbaar is nie word tipe 2 diabeet ongelukkig baie keer eers gediagnoseer wanneer komplikasies reeds begin begin het. Dit is dus belangrik om gereelde bloedsuiker toetse te laat doen. Dis belangrik om te onthou dat diabetes altyd ernstig is. Daar is nie grade van ernstigheid van diabetes nie.
Wasige sig: Soos bo beskryf
Snye en sere wat nie genees nie, mondsere, geswelde tandvleise en los tande en urienweg infeksies: Witbloedselle wat help met genesing van die liggaam funksioneer nie goed in hoë glukose omgewing nie en ongelukkig floreer bakterië wat infeksies veroorsaak in hoë glukose omgewing. Die liggaam is dus meer vatbaar vir infeksies.
Jeukerige vel en genitalië en gis infeksies (vaginale infeksies veral by die vrou): Gis (yeast) infeksies, ook genoem sproei floreer ook is hoë glukose omgewing, dit veroorsaak 'n gejeuk en ongemak.
Toenemende dors, droeë mond en toenemende behoefte aan urinering: Soos bo beskryf. Hier onstaan nie altyd ketoasidose nie maar 'n wat genoem word.
Pyne en lamheid in die bene en voete: Dit is 'n algemene newe effek van diabetes, ook genoem neuropatie wanneer senueindpunte beskadig is. Dit is weereens een van die simptome wat 'n teken is dat die persoon al reeds die toestand al baie lankal onder lede het.
Hartprobleme en hipertensie: Persone met tipe 2 diabetes is meer vatbaar vir hartprobleme as mense wat nie diabetes het nie.
Oorgewig en gewigsverlies: Indien die persoon oorgewig is, is die geneigdheid vir tipe 2 diabetes groter as wanneer iemand regte gewig handhaaf. (Oorgewig kan 'n simptoom wees van tipe 2 diabetes en nie noodwendig 'n oorsaak nie). Verder is skielike gewigsverlies (sonder 'n spesifieke dieet om gewig te verloor) ook 'n simptoom.
Donker vlekke op die vel: Veral in die nek voue en arm voue.
Showing posts with label Tipe 1. Show all posts
Showing posts with label Tipe 1. Show all posts
01 March 2009
31 January 2009
Wat is Diabetes? 'n Oorsig
Diabetes word ook soms suikersiekte genoem. Dis 'n wanvoorstelling omdat die mite bestaan dat mense van diabetes het "allergies" vir suiker is en glad nie suiker mag inneem nie. (Dan word aangeneem dat ander koolhidrate wel aanvaarbaar is.) Die term, suikersiekte, het ontstaan omdat die urine van 'n diabeet soet is, soos suiker en dat in die ou dae die urine geproe is om diabetes te diagnoseer. Dit word ook suikersiekte genoem omdat daar te veel suiker (glukose) in die bloed is. In 1922 is die eerste pasiënt met insulien behandel. Voor dit het alle diabetes 'n vinnige dood in die gesig gestaar. Dit egter jammer tot vandag toe is daar nie genesing vir diabetes nie, slegs behandeling.
Diabetes kan ingedeel word in twee breë kategorieë. Tipe 1 voorheen bekend as insulien afhanklike diabetes en Tipe 2 diabetes voorheen bekend as nie-insulien afhanklike diabetes of volwasse diabetes (Adult onset diabetes). Tipe 1 diabetes maak 5-10% van alle diabete uit en diegroot meerderheid is Tipe 2. (Daar is ook ander tipes diabetes onder andere swangerskap diabetes (Gestational Diabetes, LADA (Latente outoimuun diabetes in Volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young – volwasse aanvangsdiabetes ), Diabetes Insipidus (wat nie werklik diabetes is nie, maar 'n onvermoë van die liggaam om vloeistof te hanteer)
Dit is belangrik om te verstaan dat Tipe 1 diabetes en Tipe 2 diabetes verskillende kondisies is met dieselfde simptoom het naamlik hoë bloedsuiker, maar heeltemal verskil in oorsaak en behandeling.
Tipe 1 diabetes is 'n outoimmuun siekte wat ontwikkel wanneer die betaselle op die pankreas vernietig word en kan insulien met ander woorde nie vrygestel word nie. Die enigste behandeling is om insulien deur middel van inspuitings te ontvang.
Tipe 1 diabetes ontstaan gewoonlik voor die ouderdom van 35 jaar, terwyl tipe 2 diabetes na die ouderdom van 35 jaar ontwikkel. Dit is egter ontstellend dat al meer kinders ook met tipe 2 diabetes gediagnoseer word, veral tydens puberteit.
Die Tipe 2 diabeet kan probleme by enige van 3 organe begin naamlik: die lewer, die liggaamselle of die pankreas. Die lewer kan 'n oormaat van glukose produseer en insulien is nie genoeg om die oormaat glukose te dek nie. Die liggaamselle kan weerstandig wees vir insulien. Met ander woorde daar is insulien beskikbaar maar om een of ander rede maak of "sluit" die reseptors van die selle nie oop om glukose uit die bloed te ontvang nie. Derdens begin die pankreas om een of ander rede minder insulien vervaardig en glukose kan ook nie deur die selle opgeneem word nie. Afhangend van waar die probleem is word die tipe 2 diabeet daarvolgens medikasie gegee en gewoonlik in die vorm van pille. Tipe 2 diabete kan egter later ook insulien begin gebruik (ongeveer 5 tot 10 jaar na diagnose). Die tipe 2 diabeet se toestand kan in baie gevalle onder beheer gebring word deur 'n veranderende leefstyl van lae koolhidrate, oefening en medikasie. 'n Uitstekende video oor hoe om diabetes te beheer kan hier gesien word.
Albei tipes diabetes het 'n genetiese faktor, tipe 2 diabetes is egter meer oorerflik. (Daar is heelwat gene geïdentifiseer wat te doen het met diabetes. Die lys groei. By tipe 2 diabetes speel die omgewing ook 'n groter rol. Indien albei ouers egter Tipe 2 diabetes het is die kans 100% dat die kinders ook diabetes kan ontwikkel.
By tipe 1 diabetes is daar 'n genetiese faktor van beide ouers af. Indien albei ouers Tipe 1 diabeet is is daar minder as 20 % kans dat kinders dit kan ontwikkel, indien 1 van identiese tweelinge diabetes ontwikkel sal daar 'n 40-50% kans wees dat die ander tweeling dit kan ontwikkel. 'n Omgewingssneller kan 'n rol speel by die aanvang van Tipe 1 diabetes maar daar kan steeds nie met sekerheid gesê word wat die oorsaak is nie. Sommige navorsers meen dat die koxsackie virus dit kan voorafgaan, ander navorsing toon dat 'n beesmelkallergie daartoe aanleiding kan gee, nog ander beweer dar 'n maagvirus dalk die oorsaak kon wees.
Hier is ook 'n goeie bespreking oor die verskille tussen tipe 1 en 2 diabetes.

Voorwoord
Ek het die blog in 2009 begin met die ideaal om 'n boek in Afrikaans die lig te laat sien. Jare late en het ek nog nie daarby uitgekom nie. Hopelik kan ek dit die volgende paar jaar doen en dan ook met die fokus op 'n lae koolhidraat leefstyl as deel van behandeling.
Geweldig baie inligting is in Engels regoor die internet beskikbaar, maar bitter min in Afrikaans. Ek gaan wel nou en dan verwysings van ander blogs en webblaaie plaas, wat noodwendig in Engels gaan wees.
Enige kommentaar, vrae en inligting sal verwelkom word.

Subscribe to:
Posts (Atom)