Showing posts with label basale insulien. Show all posts
Showing posts with label basale insulien. Show all posts

01 December 2015

Dr Bernstein se videos: Basiese inligting oor diabetes

Inleiding


Wat is diabetes? 


Wat veroorsaak Tipe 2 diabetes?



Kan Tipe 2 diabetes omgekeer word?


LADA


Moet 'n tipe 2 diabeet insulien gebruik?


Wat ouers met nuur gediagnoseerde kinders moet weet:


Nuut gediagnoseer? : Raad en Advies














09 February 2009

Tipe 2 Diabetes

Voorheen bekend as Nie-insulien Afhanklike Diabetes (NIDDM)/ Volwasse Diabetes (Adult onset diabetes)

Ongeveer 90% van alle diabete is Tipe 2 Diabete.

'n Genetiese faktor (defektiewe gene) tesame met ander
risiko faktore kan Tipe 2 diabetes veroorsaak. Risiko faktore wat Tipe 2 diabetes kan veroorsaak is onder andere die volgende:

  • Familiegeskiedenis
  • Ouer as 45 jaar (kanse verhoog met ouderdom)
  • Ras en etniese agtergrond: Latynse groepe; swart mense; Asiërs en inboorlinge van Amerika is meer geneig om Tipe 2 diabetes te ontwikkel
  • Metaboliese Sindroom (Ook genoem Insulien weerstandigheidsindroom en Sindroom X)
  • Oorgewig: 'n BMI van meer as 25 verhoog die risiko van Tipe 2 diabetes (80% van alle Tipe 2 diabete is oorgewig). Veral oorgewig oor die middelarea (maag) van die liggaam. Dis egter eerder 'n simptoom as 'n oorsaak.
  • Hipertensie: Hoë bloeddruk verhoog die risiko vir Tipe 2 diabetes
  • Abnormale Cholestrolvlakke: HDL (goeie) van minder as 1,925 mmol/l en LDL (slegte) van meer as 13.85 mmol/l verhoog kanse vir Tipe 2
  • Swangerskap Diabetes: 'n geskiedenis van diabetes tydens swangeskap asook vrouens wat geboorte skenk aan babatjies van meer as 4 kg
  • 'n Geskiedenis van Polisistiese Eierstoksindroom
  • Onaktiewe leefstyl van min oefening kan bydrae tot insulienweerstandigheid
  • Geskiedenis van vaskulêre siekte soos beroerte

Tipe 2 diabetes kan ook sekondêr wees van 'n ander siekte. Tipe 2 diabetes word veroorsaak deur 'n verskiedenhed van faktore en nie net 1 faktor nie.

Hoe gebeur dit? Verskeie maniere waarop Tipe 2 diabetes begin:

Die liggaam bou om een of ander rede ‘n weerstand op teen insulien (maw die liggaam het te veel insulien (teenoor Tipe 1 diabeet wat te min insulien het). Lees weer die gedeelte oor metabolisme. Die sel reseptors maak om een of ander rede nie oor nie en insulien word nie effektief benut nie. Bloedsuikervlakke bly hoog.

Nog 'n probleem wat navorsing bevind het is dat om een of ander rede vervang die liggaam nie betaselle wat doodgaan nie – soos normaalweg wanneer selle doodgaan, betaselle verminder en kan nie insulien effektief afskei nie. 'n Tekort in insulien ontstaan. Bloedsuikervlakke bly hoog.

Die lewer kan te veel glukose vervaardig - te veel vir die selle om opgeneem te word en daar is te min insulien om die glukose te dek. Bloedsuikervlakke bly hoog.

Dit kan ook wees dat die pankreas homself "oorwerk" - omdat die selle nie die insulien opneem nie (weerstandigheid) en bloedsuikervlakke hoog bly "verhonger" die liggaam en skei al meer insulien af. Nou begin die beta selle ophou insulien vervaardig (Die selle is nie dood of vernietig soos by Tipe 1 diabeet nie). Insulientekort tesame met weerstandigheid veroorsaak dat bloesuikervlakke hoog bly.

As gevolg van die genoemde probleme is die bloedsuikervlakke hoog - dieselfde simptoom as by Tipe 1 ontstaan. In die opsig staan die 2 tipes diabete lynreg teenoormekaar.

'n Uitgebreide bespreking oor die oorsaak van tipe 2 diabetes kan hier gevind word. (Vir die wat glo 'n skok of groot skrik veroorsaak diabetes: Ek kon nêrens bewyse kry dat dit die geval is nie. Siektes en ongelukke wat die pankreas vernietig kan wel diabetes veroorsaak.)

'n Persoon kan sy kanse om Tipe 2 diabetes omgekeer word met 'n gesonde leefstyl van gesonde dieet en meer oefening. (Dit beteken nie almal moet maraton altete word nie, maar ligte oefening soos tuinwerk, trappe klim ipv hysbak neem, werk toe stap, ens) 'n Lae Koolhidrate dieet is ook geweldig voordelig vir voorkoming en beheer van Tipe 2 diabetes.


Wanneer Tipe 2 diabeet gediagnoseer word word medikasie verskaf afhangend waar die probleem ontstaan het. Medikasie sluit pille en ander medikasie in om die weerstand vir insulien af te breek, te keer dat  die lewer te veel glukose vervaardig, of te keer dat die pankreas te veel insulien afskei. Vitamines en mineralebyvoegings is ook voordelig. Insulien word ook op 'n later stadium toegedien en meerder gevalle saam met medikasie, alhoewel die persoon dan insulien kry moet hy/sy nog steeds medikasie gebruik om weerstandigheid af te breek. (Sommige navorsing toon dat baie Tipe 2 diabete 5 tot 10 jaar na diagnose wel insulien begin gebruik) LET WEL die Tipe 2 diabeet word nie nou 'n Tipe 1 diabeet omdat hy nou insulien gebruik nie. Die diagnose verander nie.

Ontwikkeling van Tipe 2 diabetes kan 'n lang proses wees en simptome kan oor 'n tydperk ontstaan. 'n Persoon kan diabetes vir jare hê voordat dit gediagnoseer word - dit opsigself veroorsaak probleme aangesien komplikasies al begin ontwikkel voordat iets daaraan gedoen kan word. Dit is dikwels eers wanneer komplikasies onwikkel wat veroorsaak dat diabetes gediagnoseer word. Daarom is gereelde bloedsuikertoetse so belangrik.


Ongelukkig is 'n ander probleem besig om te ontwikkel en die prenjie waar slegs volwassenes as Tipe 2 diabeet gediagnoseer was is besig om vinnig te verander. Selfs kinders kry deesdae T2 diabetes as gevolg van verkeerde leefstyl van onaktiwiteit, swak dieet en oorgewig (tesame met genetiese faktor). Ons moet ons kinders aanmoedig om meer aktief te wees, minder televisie te kyk, tv en rekenaarspeletjies te speel en die belangrikste van alles koolhidrate uit te sny.  



31 January 2009

Wat is Diabetes? 'n Oorsig

Diabetes word ook soms  suikersiekte genoem. Dis 'n wanvoorstelling omdat die mite bestaan dat mense van diabetes het "allergies" vir suiker is en glad nie suiker mag inneem nie. (Dan word aangeneem dat ander koolhidrate wel aanvaarbaar is.) Die term, suikersiekte, het ontstaan omdat die urine van 'n diabeet soet is, soos suiker en dat in die ou dae die urine geproe is om diabetes te diagnoseer. Dit word ook suikersiekte genoem omdat daar te veel suiker (glukose) in die bloed is. In 1922 is die eerste pasiënt met insulien behandel. Voor dit het alle diabetes 'n vinnige dood in die gesig gestaar. Dit egter jammer tot vandag toe is daar nie genesing vir diabetes nie, slegs behandeling.

Diabetes kan ingedeel word in twee breë kategorieë. Tipe 1 voorheen bekend as insulien afhanklike diabetes en Tipe 2 diabetes voorheen bekend as nie-insulien afhanklike diabetes of volwasse diabetes (Adult onset diabetes). Tipe 1 diabetes maak 5-10% van alle diabete uit en diegroot meerderheid is Tipe 2. (Daar is ook ander tipes diabetes onder andere swangerskap diabetes (Gestational Diabetes, LADA (Latente outoimuun diabetes in Volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young – volwasse aanvangsdiabetes ), Diabetes Insipidus (wat nie werklik diabetes is nie, maar 'n onvermoë van die liggaam om vloeistof te hanteer)

Dit is belangrik om te verstaan dat Tipe 1 diabetes en Tipe 2 diabetes verskillende kondisies is met dieselfde simptoom het naamlik hoë bloedsuiker, maar heeltemal verskil in oorsaak en behandeling.



Tipe 1 diabetes is 'n outoimmuun siekte wat ontwikkel wanneer die betaselle op die pankreas vernietig word en kan insulien met ander woorde nie vrygestel word nie. Die enigste behandeling is om insulien deur middel van inspuitings te ontvang.

Tipe 1 diabetes ontstaan gewoonlik voor die ouderdom van 35 jaar, terwyl tipe 2 diabetes na die ouderdom van 35 jaar ontwikkel. Dit is egter ontstellend dat al meer kinders ook met tipe 2 diabetes gediagnoseer word, veral tydens puberteit.

Die Tipe 2 diabeet kan probleme by enige van 3 organe begin naamlik: die lewer, die liggaamselle of die pankreas. Die lewer kan 'n oormaat van glukose produseer en insulien is nie genoeg om die oormaat glukose te dek nie. Die liggaamselle kan weerstandig wees vir insulien. Met ander woorde daar is insulien beskikbaar maar om een of ander rede maak of "sluit" die reseptors van die selle nie oop om glukose uit die bloed te ontvang nie. Derdens begin die pankreas om een of ander rede minder insulien vervaardig en glukose kan ook nie deur die selle opgeneem word nie. Afhangend van waar die probleem is word die tipe 2 diabeet daarvolgens medikasie gegee en gewoonlik in die vorm van pille. Tipe 2 diabete kan egter later ook insulien begin gebruik (ongeveer 5 tot 10 jaar na diagnose). Die tipe 2 diabeet se toestand kan in baie gevalle onder beheer gebring word deur 'n veranderende leefstyl van lae koolhidrate, oefening en medikasie. 'n Uitstekende video oor  hoe om diabetes te beheer kan hier gesien word.

Albei tipes diabetes het 'n genetiese faktor, tipe 2 diabetes is egter meer oorerflik. (Daar is heelwat gene geïdentifiseer wat te doen het met diabetes. Die lys groei. By tipe 2 diabetes speel die omgewing ook 'n groter rol. Indien albei ouers egter Tipe 2 diabetes het is die kans 100% dat die kinders ook diabetes kan ontwikkel.
By tipe 1 diabetes is daar 'n genetiese faktor van beide ouers af. Indien albei ouers Tipe 1 diabeet is is daar minder as 20 % kans dat kinders dit kan ontwikkel, indien 1 van identiese tweelinge diabetes ontwikkel sal daar 'n 40-50% kans wees dat die ander tweeling dit kan ontwikkel. 'n Omgewingssneller kan 'n rol speel by die aanvang van Tipe 1 diabetes maar daar kan steeds nie met sekerheid gesê word wat die oorsaak is nie. Sommige navorsers meen dat die koxsackie virus dit kan voorafgaan, ander navorsing toon dat 'n beesmelkallergie daartoe aanleiding kan gee, nog ander beweer dar 'n maagvirus dalk die oorsaak kon wees.

Hier is ook 'n goeie bespreking oor die verskille tussen tipe 1 en 2 diabetes.

Spysvertering, metabolisme en insulien

Diabetes is 'n metaboliese versteuring en is dit daarom belangrik om die basiese spysverteringsproses te verstaan. (Met spesifieke verwysing na suiker en koolhidrate). My beskrywing hier is baie vereenvoudig. 'n Mediese dokter sal dit in meer detail uiteen kan sit.

Wanneer mens eet word voedsel gekou en die eerste meganiese fase van spysvertering vind plaas. Dit beweeg dan af na die maag waar 'n gemaal saam met ensieme, sure en soute die voedsel verder afbreek.
Die voedsel moet tot kleiner molekules afgebreek word voordat dit uit die spysverteringskanaal in die bloedstroom geabsorbeer kan word.

Soos die produkte van die spysvertering deur die dunderm afbeweeg, word dit deur die dun binnewand in bloed- of limfvate geabsorbeer.

Onverteerbare voedsel (wat hoofsaaklik vesel is) en water bereik dan die dikderm. Die onverteerde voedsel word in die dikderm tot ’n soliede massa omgevorm deurdat water weer deur die liggaam herabsorbeer word. Die grootste volume water word uit die dikderm geabsorbeer, die res word in die fases deur die rektum en dan by die liggaam uitgeskei.

Ons dieet bestaan uit drie makro elemente, nl proteiene, vette en koolhidrate.

Proteïene (wat onder andere in bees- en skaapvleis, vis en hoender voorkom, ook in eiers, kaas en ander melkprodukte) word deur ensieme van die maag, die pankreas en die dunderm afgebreek tot polipeptiede, peptiede en aminosure. Proteïene het ons in die laerskool al geleer help met die bou en herstel van weefsels.  Proteine kan ook in afwesigheid van koolhidrate omgesit word in glukose.

Die afbreek van koolhidrate (alle stysels soos ertappels, rys, pastas en brood en suikers soos gewone rietsuiker, lekkers, vrugte, groente, melkprodukte ens) tot maltose begin reeds in die mond deur amilase, ’n ensiem in speeksel.

Uiteindelik word koolhidrate in die dunderm met behulp van sukrase, maltase en laktase in pankreassap in drie eenvoudige suikers, naamlik glukose, fruktose en galaktose, omgesit.

Glukose, fruktose en galaktose beweeg na die lewer waar fruktose en galaktose omgesit word in glukose. Die meeste glukose word in die lewer gestoor in die vorm van glukogeen wat later deur die liggaam gebruik om glukose in die bloed te verhoog indien dit benodig word tussen etes, in die nag of wanneer sport beoefen word.

Die lewer gebruik glukagon (wat deur die pankreas vrygestel word) om die  gestoorde glukogeen om te sit in glukose. Die brein kry sy "glukose" slegs vanaf die lewer.  Die res van die glukose beland nou in die bloed waar dit vervoer word na sekere selle wat dit gebruik vir energie of gestoor word as vet.

Net die lewer kan glukose in die bloed kan vrylaat. Glukogeen wat in die spiere gestoor word kan slegs deur daardie spiere gebruik word en word nie in die bloed vrygestel nie.

Glukagen is ook voldoende net vir 'n sekere tyd indien voedsel nie ingeneem word nie – 24 uur by volwassenes en 12 uur by kinders. Daarna sal die liggaam ander store, vette afbreek om energie te verkry.

Vette (onder andere vleisvette, botter en olies) word deur lipase (pankreas), galsoute en -sure van die lewer (geberg in die galblaas) afgebreek tot gliserol, gliseriede en vetsure. Vetsure word omgesit in ketone in die lewer (ook metaboliese ketone/ketosis) en gliserol verander in glukose. In afwesigheid van hoë bloedsuiker, is die ketone voedingsketone wat onstaan wanneer die liggaam in 'n vetverbrande staat is en nie staatmaak op koolhidrate vir energie nie.
Alle selle (behalwe die breinselle) in die liggaam kan vetsure gebruik as brandstof. Net die spiere, hart, niere en brein kan ketone as brandstof gebruik. In die afwesigheid van koolhidrate kan ketone tot twee derdes van die brein se energie behoeftes voorsien. Die liggaam gebruik dan ketone as energie. By kinders ontwikkel ketone vinniger en kan hoër vlakke bereik as volwassenes. 

Ketosis moet nie verwar word met ketoasidose nie. By diabetes is ketoasidose 'n uiters gevaarlike toestand waar ketone gepaartgaan met hoë bloedsuiker.  Dit veroorsaak suur in die liggaam wat die liggaam baie vinnig afbreek en lewensgevaarlik is.  Ketosis is 'n metaboliese staat waar die liggaam ketone en vet gebruik as energie (lw in afwesigheid van hoë bloedsuiker.) 'n Goeie video hieroor kan hier gevind word.

DIE ROL VAN INSULIEN

Insulien is 'n hormoon wat deur betaselle afgeskei word.

Betaselle lê in die Eilande van Langerhans wat op die pankreas geleë is. Eilande van Langerhans is ongeveer 0.1mm in totaal en bevat ongeveer 200 eenhede insulien. Die totale volume van almal saam is nie groter as 'n vingerpunt nie. (Om te dink dat iets so klein so groot invloed op die liggaam het!)

Insulien word afgeskei wanneer glukose in die bloed teenwoordig is. Ter verduideliking word insulien hier beskryf as 'n sleutel. Insulien "sluit" selle se reseptors oop. Nou kan glukose die selle binnedring om gebruik te word as energie. Verder stimuleer insulien ook die lewer om glukose te stoor as glukogeen. Insulien stimuleer ook die vorming van vette van oorblywende glukose wat nie dadelik benodig word nie, en dit stimuleer proteïen samestellings in die liggaam.

Bloedglukose  of bloedsuikervlakke word gemeet in millimol per liter (mmol/l) – in Suid-Afrika – en milligram per desiliter (mg/dl) in sommige ander lande. 1 mmol/l is ongeveer 18,05 mg/dl.

Betaselle het 'n "ingeboude bloedglukose meter" Dit registreer wanneer bloedglukose hoog is en skei dan meer insulien af en hou op insulien afskei wanneer glukose vlakke laer is. 'n Normale persoon, sonder diabetes, se insulienvlakke sal nie meer as 1-2 mmol/l styg na etes nie.

Nie alle selle insulien nodig het om glukose op te neem nie. Hulle neem glukose direk uit die bloed. Die selle word eerste beskadig wanneer verhoogde bloedsuiker vlakke oor 'n lang tydperk ervaar word. Die selle is  breinselle , senuwee eindpunte, retina van die oog, niere, adrenale kliere, asook die in bloedvate veral die kleiner bloedvaatjies.

Daar is sekere tye wanneer daar nie genoeg glukose in die liggaam is nie en dan word die afskeiding van insulien gestop om glukose te bewaar vir die mees belangrikste organe. Die liggaam benodig altyd klein hoeveelhede van inlulien, self gedurende die nag en tussen maaltye om die glukose te akkommodeer wat van die lewer afkomstig is. Dit word basale insulien of agtergrond insulien genoem. Groter hoeveelhede insulien wat benodig word tydens etes word bolus insulien genoem. Die liggaam se behoefte aan insulien verskil van dag tot dag en van een tyd in die dag tot 'n ander tyd asook van een situasie tot 'n ander situasie.