Tipe 2 diabetes kan en gaan wel soms ongediagnoseerd omdat dit lyk of die simptome skadeloos is en soms normaal voorkom. Daarom is dit belangrik dat almal wat 'n familiegeskiedenis van diabetes het om gereeld hulle bloedsuiker te laat toets. Simptome van Tipe 1 en 2 diabetes kan subtiel wees en alle simptome kom ook nie noodwendig gelyk voor nie.
Ek kan nie meer beklemtoon dat bloedsuiker gereeld getoets moet word nie. Selfs by kinders. 'n Eenvoudige vingerprik toets is in baie gevalle reeds genoeg om diabetes te diagnoseer.
Alhoewel sekere simptome van tipe 1 en tipe 2 diabetes wel ooreenkom is daar ook sekere verskille:
Aanvangsouderdom: Tipe 1 diabetes word meer algemeen by kinders gediagnoseer. (Outoimmuniteit diabetes- tipe 1) word soms by volwassenes ontwikkel en word LADA diabetes genoem en soms word kinders wat 'n tipe diabetes ontwikkel MODY diabetes genoem).
Liggaamsgewig: Tipe 1 diabeet is gewoonlik maer en van normale gewig terwyl die oorgrote meerderheid (ongeveer 80%) tipe 2 diabete oorgewig is. Oorgewig is 'n simptoom van Tipe 2 diabetes nie die oorsaak nie.
Vlak van glukose: Hoë is 'n simptoom by beide Tipe 1 en 2 diabetes. Tipe 1 diabeet se glukose vlakke is gewoonlik baie hoër by aanvang as tipe 2 diabete. Tipe 1 diabete kan met aanvang bloedsuikers van meer as 16mmol/l hê, terwyl tipe 2 diabetes bloedsuikers van 11 – 14 mmol/l het.
Ernstigheid van aanvang: Tipe 1 diabetes het skielike ernstige en dramatiese aanvang, terwyl tipe 2 diabete gelykdelik simptome van diabetes toon. Tipe 2 diabeet kan vir jare 'n diabeet wees sonder dat hy/sy dit besef. Dit maak dit gevaarlik omdat dit baie keer eers gediagnoseer word wanneer komplikasies al ingetree het. (Let wel: ek verwys na ernstigheid van aanvang en nie na die ernstigheid per se van tipe 1 vs tipe 2 nie - albei tipe diabetes is gevaarlik)
Simptome by Tipe 1:
Van die simptome van 'n kind kan ervaar is:
Gereelde urinering: Die liggaam stort die oormatige glukose in die niere. Om te voorkom dat urine so dik soos stroop word, onttrek die niere vloeistof vanuit die liggaam om sodoende oormatige suiker uit te skei.
Uitermatige dors: Omdat die niere vloeistof uit die liggaam onttrek begin die liggaam ontwater en word die persoon geweldig dors. Dis nie ongewoon dat 'n persoon tot 5 liter water per dag inneem nie.
Uitermatige honger: As gevolg van insulien tekort kan glukose nie in die selle opgeneem word nie.(sien bespreking van metabolisme). Onthou die brein weet nie die liggaam het diabetes nie, al wat ervaar word is 'n hongerte omdat die selle hongersnood het. Nou begin die bose kringloop. Die persoon eet meer, glukose in bloed styg maar word nie opgeneem nie. Die liggaam ervaar steeds hongesnood. (Die gevolge is ketoasidose).
Ongewone gewigsverlies: Die liggaam begin vette afbreek as gevolg van die "hongersnood" wat hy ervaar. Vetsure vergiftig die liggaam en ketone onstaan wat ook in die urine uitgeskei word. Verlies aan spierweefsel vind ook plaas. Uiteinde is ketoasidose.
Toenemende moegheid: Die liggaam kan nie glukose opneem as energie nie en baie ander chemiese prosesse vind plaas om brandsof vir energie te kry. Dit veroorsaak moegheid.
Geïrriteerdheid: Die brein skakel oor na 'n "noodtoestand" die onbelangrikste aspek vir oorlewing word eerste afgeskakel en dit is die persoon se persoonlikheid. Die gevolg is dat die persoon geirriteerd raak, vinnig emosioneel raak, bakleierig raak, of selfs soos 'n dronk persoon optree.
Wasige sig: Dit word veroorsaak deurdat die glukose inhoud van die lens verskil van die glukose inhoud van die bloed. Die lens bevat geen bloedvate nie (om lig in die oog te laat). Glukose moet moet dus vanuit die omliggende vloeistof na die lens getrek word. Wanneer bloedglukose vinnig verander, verander die lens se glukose nie so vinnig nie. Indien die lens se glukose meer is as die van die bloed trek die lens vloeistof in wat veroorsaak dat die lens swel – dit verander die lens se vorm en veroorsaak tydelike bysiendheid. (Dit het niks te doen met oogkomplikasies wat na jare in die oog kan plaasvind nie.)
Slegte asem: As gevolg van hoë ketone ruik die asem amandelrig en sleg.
Naarheid en Braking: Die simptoom is baie ernstig. Dit beteken dat die kind reeds in 'n fase van ketoasidose inbeweeg waar die liggaam reeds deur ketone vergiftig is. 'n Kwart van alle kinders wat gediagnoseer word, beland in die hospitaal met ketoasidose.
Koma: Dit is 'n ernstig en lewensgevaarlik en vereis onmiddelike mediese aandag. Dokters sal bloedglukose geleidelik afbring in die hospitaal. Indien bloedglukose te vinnig afgebring word kan die brein swel wat tot die dood kan lei.
Simptome by Tipe 2:
Omdat die simptome nie skielik voorkom nie en nie altyd so sigbaar is nie word tipe 2 diabeet ongelukkig baie keer eers gediagnoseer wanneer komplikasies reeds begin begin het. Dit is dus belangrik om gereelde bloedsuiker toetse te laat doen. Dis belangrik om te onthou dat diabetes altyd ernstig is. Daar is nie grade van ernstigheid van diabetes nie.
Wasige sig: Soos bo beskryf
Snye en sere wat nie genees nie, mondsere, geswelde tandvleise en los tande en urienweg infeksies: Witbloedselle wat help met genesing van die liggaam funksioneer nie goed in hoë glukose omgewing nie en ongelukkig floreer bakterië wat infeksies veroorsaak in hoë glukose omgewing. Die liggaam is dus meer vatbaar vir infeksies.
Jeukerige vel en genitalië en gis infeksies (vaginale infeksies veral by die vrou): Gis (yeast) infeksies, ook genoem sproei floreer ook is hoë glukose omgewing, dit veroorsaak 'n gejeuk en ongemak.
Toenemende dors, droeë mond en toenemende behoefte aan urinering: Soos bo beskryf. Hier onstaan nie altyd ketoasidose nie maar 'n wat genoem word.
Pyne en lamheid in die bene en voete: Dit is 'n algemene newe effek van diabetes, ook genoem neuropatie wanneer senueindpunte beskadig is. Dit is weereens een van die simptome wat 'n teken is dat die persoon al reeds die toestand al baie lankal onder lede het.
Hartprobleme en hipertensie: Persone met tipe 2 diabetes is meer vatbaar vir hartprobleme as mense wat nie diabetes het nie.
Oorgewig en gewigsverlies: Indien die persoon oorgewig is, is die geneigdheid vir tipe 2 diabetes groter as wanneer iemand regte gewig handhaaf. (Oorgewig kan 'n simptoom wees van tipe 2 diabetes en nie noodwendig 'n oorsaak nie). Verder is skielike gewigsverlies (sonder 'n spesifieke dieet om gewig te verloor) ook 'n simptoom.
Donker vlekke op die vel: Veral in die nek voue en arm voue.
Showing posts with label urinering. Show all posts
Showing posts with label urinering. Show all posts
01 March 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)