'n Eenvoudige vingerpriktoets is soms al wat nodig is en kan die verskil maak tussen lewe en dood. Soveel keer is dit die laaste ding wat 'n dokter doen en dis amper die eenvoudigste om te doen. Dis is veral nodig wanneer dit lyk of die kind 'n maagaandoening het en baie opgooi, aangesien dit tekens is van ketoasidose.
'n Verhoogde bloedsuikervlak dui reeds op diabetes. Daar is egter 'n paar toetse wat gedoen kan word om te bepaal of 'n persoon reeds diabetes ontwikkel het asook om te bepaal of 'n persoon diabetes gaan ontwikkel. Die probleem by die laasgenoemde is egter dat daar nie bepaal kan word wanneer diabetes te volle gaan ontwikkel nie.
Vingeprik toets:
Die vingerprik toets is die toets waar die vinger met 'n skerp naald ('n lanset) geprik word, die druppeltjie bloed word dan op 'n strokie, wat in 'n glukometer gedruk is, geplaas en die meter gee 'n telling in millimol/liter (in Suid-Afrika)
Wat moet die telling wees?
Vastende bloedsuiker (nadat daar vir ten minste 8 ure nie koolhidrate ingeneem is nie - soos in die oggend) moet verkieslik tussen 4 mmol/l en 6.1 mmol/l wees; tussen 6.1 mmol/l en 8 mmol/l is aanvaarbaar en bo 7 mmol/l moet verdere toetse gedoen word.
Twee ure nadat geëet is (Post-prandiaal) is die optimale vingerprik 4mmol tot 8 mmol, 8mmol tot 10mmol is aanvaarbaar (maar kan dui op pre-diabetes), en bo 10 mmol vereis verdere aksie.
Die dokter sal dan hiermee saam ook kyk vir ketone. Dit kan sommer gedoen word deur die urine met 'n urienstokkie te toets..
Hierdie is die maklikse en eenvoudigste manier om te bepaal of die persoon diabetes het.
HbA1c
Hemoglobien A1c is ‘n toets om die gemiddelde plasma glukose konsentrasie te meet oor ‘n periode van 2 tot 3 maande. Dit word uitgedruk in terme van ‘n persentasie of in terme van mmol/mol Byvoorbeeld: Indien die pasiënt ‘n HbA1c telling kry van 6.9% beteken dit dat sy gemiddelde bloedsuiker ongeveer 9.2mmol/l is oor ‘n tydperk van ongeveer 12 weke. ‘n Volledige omsetting van A1c tellings kan hier gekry word.
Die toets word gewoonlik elke 3 maande herhaal na diagnose om te bepaal of bloedsuiker onder beheer is.
Dit is uiteraard belangrik dat die telling onder 6.2% gehou word. Tellings onder 8% is aanvaarbaar en tellings wat hoër is as 9% verhoog kanse vir diabetiese komplikasies.
Verdere toetse
Verdere laboratorium toetse kan gedoen word om Tipe 1 diabetes te diagnoseer. Die merkers vir T1D sluit in:
Autoteenliggame vir pankreasselle; autoteenliggame vir insulien; autoteenliggame vir GAD (glutamic acid decarboxylase) en en autoteenliggame vir tirosiene fosfatase IA-2 en IA-2β. Slegs 1 van die merkers is nodig om 'n diagnose te maak. 'n C-peptiede toets word dan ook gedoen. 'n Lae telling dui daarop dat die liggaam nie genoeg insulien vervaardig nie.
'n Persoon kan dalk die merkers hê maar nog geen simptome van Tipe 1 diabetes toon nie. Dit beteken dat die betaselle nog nie vernietig is nie. Dit bepaal egter nie wanneer die selle vernietig gaan word nie en wanneer die persoon simptome gaan begin ontwikkel nie.
Die vernietiging van betaselle kan enige tyd plaasvind. Dit kan ook langer neem (by volwassenes) of vinnig gebeur (by kinders).
Showing posts with label betaselle. Show all posts

29 November 2015
31 January 2009
Wat is Diabetes? 'n Oorsig
Diabetes word ook soms suikersiekte genoem. Dis 'n wanvoorstelling omdat die mite bestaan dat mense van diabetes het "allergies" vir suiker is en glad nie suiker mag inneem nie. (Dan word aangeneem dat ander koolhidrate wel aanvaarbaar is.) Die term, suikersiekte, het ontstaan omdat die urine van 'n diabeet soet is, soos suiker en dat in die ou dae die urine geproe is om diabetes te diagnoseer. Dit word ook suikersiekte genoem omdat daar te veel suiker (glukose) in die bloed is. In 1922 is die eerste pasiënt met insulien behandel. Voor dit het alle diabetes 'n vinnige dood in die gesig gestaar. Dit egter jammer tot vandag toe is daar nie genesing vir diabetes nie, slegs behandeling.
Diabetes kan ingedeel word in twee breë kategorieë. Tipe 1 voorheen bekend as insulien afhanklike diabetes en Tipe 2 diabetes voorheen bekend as nie-insulien afhanklike diabetes of volwasse diabetes (Adult onset diabetes). Tipe 1 diabetes maak 5-10% van alle diabete uit en diegroot meerderheid is Tipe 2. (Daar is ook ander tipes diabetes onder andere swangerskap diabetes (Gestational Diabetes, LADA (Latente outoimuun diabetes in Volwassenes), Mody (Maturity onset diabetes of the young – volwasse aanvangsdiabetes ), Diabetes Insipidus (wat nie werklik diabetes is nie, maar 'n onvermoë van die liggaam om vloeistof te hanteer)
Dit is belangrik om te verstaan dat Tipe 1 diabetes en Tipe 2 diabetes verskillende kondisies is met dieselfde simptoom het naamlik hoë bloedsuiker, maar heeltemal verskil in oorsaak en behandeling.
Tipe 1 diabetes is 'n outoimmuun siekte wat ontwikkel wanneer die betaselle op die pankreas vernietig word en kan insulien met ander woorde nie vrygestel word nie. Die enigste behandeling is om insulien deur middel van inspuitings te ontvang.
Tipe 1 diabetes ontstaan gewoonlik voor die ouderdom van 35 jaar, terwyl tipe 2 diabetes na die ouderdom van 35 jaar ontwikkel. Dit is egter ontstellend dat al meer kinders ook met tipe 2 diabetes gediagnoseer word, veral tydens puberteit.
Die Tipe 2 diabeet kan probleme by enige van 3 organe begin naamlik: die lewer, die liggaamselle of die pankreas. Die lewer kan 'n oormaat van glukose produseer en insulien is nie genoeg om die oormaat glukose te dek nie. Die liggaamselle kan weerstandig wees vir insulien. Met ander woorde daar is insulien beskikbaar maar om een of ander rede maak of "sluit" die reseptors van die selle nie oop om glukose uit die bloed te ontvang nie. Derdens begin die pankreas om een of ander rede minder insulien vervaardig en glukose kan ook nie deur die selle opgeneem word nie. Afhangend van waar die probleem is word die tipe 2 diabeet daarvolgens medikasie gegee en gewoonlik in die vorm van pille. Tipe 2 diabete kan egter later ook insulien begin gebruik (ongeveer 5 tot 10 jaar na diagnose). Die tipe 2 diabeet se toestand kan in baie gevalle onder beheer gebring word deur 'n veranderende leefstyl van lae koolhidrate, oefening en medikasie. 'n Uitstekende video oor hoe om diabetes te beheer kan hier gesien word.
Albei tipes diabetes het 'n genetiese faktor, tipe 2 diabetes is egter meer oorerflik. (Daar is heelwat gene geïdentifiseer wat te doen het met diabetes. Die lys groei. By tipe 2 diabetes speel die omgewing ook 'n groter rol. Indien albei ouers egter Tipe 2 diabetes het is die kans 100% dat die kinders ook diabetes kan ontwikkel.
By tipe 1 diabetes is daar 'n genetiese faktor van beide ouers af. Indien albei ouers Tipe 1 diabeet is is daar minder as 20 % kans dat kinders dit kan ontwikkel, indien 1 van identiese tweelinge diabetes ontwikkel sal daar 'n 40-50% kans wees dat die ander tweeling dit kan ontwikkel. 'n Omgewingssneller kan 'n rol speel by die aanvang van Tipe 1 diabetes maar daar kan steeds nie met sekerheid gesê word wat die oorsaak is nie. Sommige navorsers meen dat die koxsackie virus dit kan voorafgaan, ander navorsing toon dat 'n beesmelkallergie daartoe aanleiding kan gee, nog ander beweer dar 'n maagvirus dalk die oorsaak kon wees.
Hier is ook 'n goeie bespreking oor die verskille tussen tipe 1 en 2 diabetes.

Spysvertering, metabolisme en insulien
Diabetes is 'n metaboliese versteuring en is dit daarom belangrik om die basiese spysverteringsproses te verstaan. (Met spesifieke verwysing na suiker en koolhidrate). My beskrywing hier is baie vereenvoudig. 'n Mediese dokter sal dit in meer detail uiteen kan sit.
Wanneer mens eet word voedsel gekou en die eerste meganiese fase van spysvertering vind plaas. Dit beweeg dan af na die maag waar 'n gemaal saam met ensieme, sure en soute die voedsel verder afbreek.
Die voedsel moet tot kleiner molekules afgebreek word voordat dit uit die spysverteringskanaal in die bloedstroom geabsorbeer kan word.
Soos die produkte van die spysvertering deur die dunderm afbeweeg, word dit deur die dun binnewand in bloed- of limfvate geabsorbeer.
Onverteerbare voedsel (wat hoofsaaklik vesel is) en water bereik dan die dikderm. Die onverteerde voedsel word in die dikderm tot ’n soliede massa omgevorm deurdat water weer deur die liggaam herabsorbeer word. Die grootste volume water word uit die dikderm geabsorbeer, die res word in die fases deur die rektum en dan by die liggaam uitgeskei.
Ons dieet bestaan uit drie makro elemente, nl proteiene, vette en koolhidrate.
Proteïene (wat onder andere in bees- en skaapvleis, vis en hoender voorkom, ook in eiers, kaas en ander melkprodukte) word deur ensieme van die maag, die pankreas en die dunderm afgebreek tot polipeptiede, peptiede en aminosure. Proteïene het ons in die laerskool al geleer help met die bou en herstel van weefsels. Proteine kan ook in afwesigheid van koolhidrate omgesit word in glukose.
Die afbreek van koolhidrate (alle stysels soos ertappels, rys, pastas en brood en suikers soos gewone rietsuiker, lekkers, vrugte, groente, melkprodukte ens) tot maltose begin reeds in die mond deur amilase, ’n ensiem in speeksel.
Uiteindelik word koolhidrate in die dunderm met behulp van sukrase, maltase en laktase in pankreassap in drie eenvoudige suikers, naamlik glukose, fruktose en galaktose, omgesit.
Glukose, fruktose en galaktose beweeg na die lewer waar fruktose en galaktose omgesit word in glukose. Die meeste glukose word in die lewer gestoor in die vorm van glukogeen wat later deur die liggaam gebruik om glukose in die bloed te verhoog indien dit benodig word tussen etes, in die nag of wanneer sport beoefen word.
Die lewer gebruik glukagon (wat deur die pankreas vrygestel word) om die gestoorde glukogeen om te sit in glukose. Die brein kry sy "glukose" slegs vanaf die lewer. Die res van die glukose beland nou in die bloed waar dit vervoer word na sekere selle wat dit gebruik vir energie of gestoor word as vet.
Net die lewer kan glukose in die bloed kan vrylaat. Glukogeen wat in die spiere gestoor word kan slegs deur daardie spiere gebruik word en word nie in die bloed vrygestel nie.
Glukagen is ook voldoende net vir 'n sekere tyd indien voedsel nie ingeneem word nie – 24 uur by volwassenes en 12 uur by kinders. Daarna sal die liggaam ander store, vette afbreek om energie te verkry.
Vette (onder andere vleisvette, botter en olies) word deur lipase (pankreas), galsoute en -sure van die lewer (geberg in die galblaas) afgebreek tot gliserol, gliseriede en vetsure. Vetsure word omgesit in ketone in die lewer (ook metaboliese ketone/ketosis) en gliserol verander in glukose. In afwesigheid van hoë bloedsuiker, is die ketone voedingsketone wat onstaan wanneer die liggaam in 'n vetverbrande staat is en nie staatmaak op koolhidrate vir energie nie.
DIE ROL VAN INSULIEN
Insulien is 'n hormoon wat deur betaselle afgeskei word.
Betaselle lê in die Eilande van Langerhans wat op die pankreas geleë is. Eilande van Langerhans is ongeveer 0.1mm in totaal en bevat ongeveer 200 eenhede insulien. Die totale volume van almal saam is nie groter as 'n vingerpunt nie. (Om te dink dat iets so klein so groot invloed op die liggaam het!)
Insulien word afgeskei wanneer glukose in die bloed teenwoordig is. Ter verduideliking word insulien hier beskryf as 'n sleutel. Insulien "sluit" selle se reseptors oop. Nou kan glukose die selle binnedring om gebruik te word as energie. Verder stimuleer insulien ook die lewer om glukose te stoor as glukogeen. Insulien stimuleer ook die vorming van vette van oorblywende glukose wat nie dadelik benodig word nie, en dit stimuleer proteïen samestellings in die liggaam.
Bloedglukose of bloedsuikervlakke word gemeet in millimol per liter (mmol/l) – in Suid-Afrika – en milligram per desiliter (mg/dl) in sommige ander lande. 1 mmol/l is ongeveer 18,05 mg/dl.
Betaselle het 'n "ingeboude bloedglukose meter" Dit registreer wanneer bloedglukose hoog is en skei dan meer insulien af en hou op insulien afskei wanneer glukose vlakke laer is. 'n Normale persoon, sonder diabetes, se insulienvlakke sal nie meer as 1-2 mmol/l styg na etes nie.
Nie alle selle insulien nodig het om glukose op te neem nie. Hulle neem glukose direk uit die bloed. Die selle word eerste beskadig wanneer verhoogde bloedsuiker vlakke oor 'n lang tydperk ervaar word. Die selle is breinselle , senuwee eindpunte, retina van die oog, niere, adrenale kliere, asook die in bloedvate veral die kleiner bloedvaatjies.
Daar is sekere tye wanneer daar nie genoeg glukose in die liggaam is nie en dan word die afskeiding van insulien gestop om glukose te bewaar vir die mees belangrikste organe. Die liggaam benodig altyd klein hoeveelhede van inlulien, self gedurende die nag en tussen maaltye om die glukose te akkommodeer wat van die lewer afkomstig is. Dit word basale insulien of agtergrond insulien genoem. Groter hoeveelhede insulien wat benodig word tydens etes word bolus insulien genoem. Die liggaam se behoefte aan insulien verskil van dag tot dag en van een tyd in die dag tot 'n ander tyd asook van een situasie tot 'n ander situasie.

Alle selle (behalwe die breinselle) in die liggaam kan vetsure gebruik as brandstof. Net die spiere, hart, niere en brein kan ketone as brandstof gebruik. In die afwesigheid van koolhidrate kan ketone tot twee derdes van die brein se energie behoeftes voorsien. Die liggaam gebruik dan ketone as energie. By kinders ontwikkel ketone vinniger en kan hoër vlakke bereik as volwassenes.
Ketosis moet nie verwar word met ketoasidose nie. By diabetes is ketoasidose 'n uiters gevaarlike toestand waar ketone gepaartgaan met hoë bloedsuiker. Dit veroorsaak suur in die liggaam wat die liggaam baie vinnig afbreek en lewensgevaarlik is. Ketosis is 'n metaboliese staat waar die liggaam ketone en vet gebruik as energie (lw in afwesigheid van hoë bloedsuiker.) 'n Goeie video hieroor kan hier gevind word.
DIE ROL VAN INSULIEN
Insulien is 'n hormoon wat deur betaselle afgeskei word.
Betaselle lê in die Eilande van Langerhans wat op die pankreas geleë is. Eilande van Langerhans is ongeveer 0.1mm in totaal en bevat ongeveer 200 eenhede insulien. Die totale volume van almal saam is nie groter as 'n vingerpunt nie. (Om te dink dat iets so klein so groot invloed op die liggaam het!)
Insulien word afgeskei wanneer glukose in die bloed teenwoordig is. Ter verduideliking word insulien hier beskryf as 'n sleutel. Insulien "sluit" selle se reseptors oop. Nou kan glukose die selle binnedring om gebruik te word as energie. Verder stimuleer insulien ook die lewer om glukose te stoor as glukogeen. Insulien stimuleer ook die vorming van vette van oorblywende glukose wat nie dadelik benodig word nie, en dit stimuleer proteïen samestellings in die liggaam.
Bloedglukose of bloedsuikervlakke word gemeet in millimol per liter (mmol/l) – in Suid-Afrika – en milligram per desiliter (mg/dl) in sommige ander lande. 1 mmol/l is ongeveer 18,05 mg/dl.
Betaselle het 'n "ingeboude bloedglukose meter" Dit registreer wanneer bloedglukose hoog is en skei dan meer insulien af en hou op insulien afskei wanneer glukose vlakke laer is. 'n Normale persoon, sonder diabetes, se insulienvlakke sal nie meer as 1-2 mmol/l styg na etes nie.
Nie alle selle insulien nodig het om glukose op te neem nie. Hulle neem glukose direk uit die bloed. Die selle word eerste beskadig wanneer verhoogde bloedsuiker vlakke oor 'n lang tydperk ervaar word. Die selle is breinselle , senuwee eindpunte, retina van die oog, niere, adrenale kliere, asook die in bloedvate veral die kleiner bloedvaatjies.
Daar is sekere tye wanneer daar nie genoeg glukose in die liggaam is nie en dan word die afskeiding van insulien gestop om glukose te bewaar vir die mees belangrikste organe. Die liggaam benodig altyd klein hoeveelhede van inlulien, self gedurende die nag en tussen maaltye om die glukose te akkommodeer wat van die lewer afkomstig is. Dit word basale insulien of agtergrond insulien genoem. Groter hoeveelhede insulien wat benodig word tydens etes word bolus insulien genoem. Die liggaam se behoefte aan insulien verskil van dag tot dag en van een tyd in die dag tot 'n ander tyd asook van een situasie tot 'n ander situasie.
Subscribe to:
Posts (Atom)