Showing posts with label ketone. Show all posts
Showing posts with label ketone. Show all posts

02 December 2015

Dr Bernstein: Hipo- en Hiperglusemie (Lae en hoë bloedsuiker)

Lae bloedsuiker (hipoglusemie):


Hoe om hoë bloedglukose (hiperglusemie) te verlaag:


Wat is die ideale bloedsuikervlak (bloedglukose):


Navorsing oor hoë bloedglukose en breinskade:


Lae koolhidrate dieet verminder lae bloedglukose episodes


HbA1c


Normale bloedsuikervlak, groeiprobleme en breinprobleme by kinders:




Hoë bloedsuikervlakke en die vroulike vrugbaarheid




Kan DKA (diabetes ketoasidose) ontwikkel met normale bloedsuikervlak



Wat is die ideale bloedsuiker vir 'n kind:




Ketone, ketoasidose en hoë bloedsuikervlak:




Angs en hoë bloedsuiker:


Tipe 2 diabete en lae bloedsuiker - hoekom ?




Hoekom verkies sommige dokters 'n hoë bloedsuikervlak?









01 December 2015

Dr Bernstein se videos: Basiese inligting oor diabetes

Inleiding


Wat is diabetes? 


Wat veroorsaak Tipe 2 diabetes?



Kan Tipe 2 diabetes omgekeer word?


LADA


Moet 'n tipe 2 diabeet insulien gebruik?


Wat ouers met nuur gediagnoseerde kinders moet weet:


Nuut gediagnoseer? : Raad en Advies














31 January 2009

Spysvertering, metabolisme en insulien

Diabetes is 'n metaboliese versteuring en is dit daarom belangrik om die basiese spysverteringsproses te verstaan. (Met spesifieke verwysing na suiker en koolhidrate). My beskrywing hier is baie vereenvoudig. 'n Mediese dokter sal dit in meer detail uiteen kan sit.

Wanneer mens eet word voedsel gekou en die eerste meganiese fase van spysvertering vind plaas. Dit beweeg dan af na die maag waar 'n gemaal saam met ensieme, sure en soute die voedsel verder afbreek.
Die voedsel moet tot kleiner molekules afgebreek word voordat dit uit die spysverteringskanaal in die bloedstroom geabsorbeer kan word.

Soos die produkte van die spysvertering deur die dunderm afbeweeg, word dit deur die dun binnewand in bloed- of limfvate geabsorbeer.

Onverteerbare voedsel (wat hoofsaaklik vesel is) en water bereik dan die dikderm. Die onverteerde voedsel word in die dikderm tot ’n soliede massa omgevorm deurdat water weer deur die liggaam herabsorbeer word. Die grootste volume water word uit die dikderm geabsorbeer, die res word in die fases deur die rektum en dan by die liggaam uitgeskei.

Ons dieet bestaan uit drie makro elemente, nl proteiene, vette en koolhidrate.

Proteïene (wat onder andere in bees- en skaapvleis, vis en hoender voorkom, ook in eiers, kaas en ander melkprodukte) word deur ensieme van die maag, die pankreas en die dunderm afgebreek tot polipeptiede, peptiede en aminosure. Proteïene het ons in die laerskool al geleer help met die bou en herstel van weefsels.  Proteine kan ook in afwesigheid van koolhidrate omgesit word in glukose.

Die afbreek van koolhidrate (alle stysels soos ertappels, rys, pastas en brood en suikers soos gewone rietsuiker, lekkers, vrugte, groente, melkprodukte ens) tot maltose begin reeds in die mond deur amilase, ’n ensiem in speeksel.

Uiteindelik word koolhidrate in die dunderm met behulp van sukrase, maltase en laktase in pankreassap in drie eenvoudige suikers, naamlik glukose, fruktose en galaktose, omgesit.

Glukose, fruktose en galaktose beweeg na die lewer waar fruktose en galaktose omgesit word in glukose. Die meeste glukose word in die lewer gestoor in die vorm van glukogeen wat later deur die liggaam gebruik om glukose in die bloed te verhoog indien dit benodig word tussen etes, in die nag of wanneer sport beoefen word.

Die lewer gebruik glukagon (wat deur die pankreas vrygestel word) om die  gestoorde glukogeen om te sit in glukose. Die brein kry sy "glukose" slegs vanaf die lewer.  Die res van die glukose beland nou in die bloed waar dit vervoer word na sekere selle wat dit gebruik vir energie of gestoor word as vet.

Net die lewer kan glukose in die bloed kan vrylaat. Glukogeen wat in die spiere gestoor word kan slegs deur daardie spiere gebruik word en word nie in die bloed vrygestel nie.

Glukagen is ook voldoende net vir 'n sekere tyd indien voedsel nie ingeneem word nie – 24 uur by volwassenes en 12 uur by kinders. Daarna sal die liggaam ander store, vette afbreek om energie te verkry.

Vette (onder andere vleisvette, botter en olies) word deur lipase (pankreas), galsoute en -sure van die lewer (geberg in die galblaas) afgebreek tot gliserol, gliseriede en vetsure. Vetsure word omgesit in ketone in die lewer (ook metaboliese ketone/ketosis) en gliserol verander in glukose. In afwesigheid van hoë bloedsuiker, is die ketone voedingsketone wat onstaan wanneer die liggaam in 'n vetverbrande staat is en nie staatmaak op koolhidrate vir energie nie.
Alle selle (behalwe die breinselle) in die liggaam kan vetsure gebruik as brandstof. Net die spiere, hart, niere en brein kan ketone as brandstof gebruik. In die afwesigheid van koolhidrate kan ketone tot twee derdes van die brein se energie behoeftes voorsien. Die liggaam gebruik dan ketone as energie. By kinders ontwikkel ketone vinniger en kan hoër vlakke bereik as volwassenes. 

Ketosis moet nie verwar word met ketoasidose nie. By diabetes is ketoasidose 'n uiters gevaarlike toestand waar ketone gepaartgaan met hoë bloedsuiker.  Dit veroorsaak suur in die liggaam wat die liggaam baie vinnig afbreek en lewensgevaarlik is.  Ketosis is 'n metaboliese staat waar die liggaam ketone en vet gebruik as energie (lw in afwesigheid van hoë bloedsuiker.) 'n Goeie video hieroor kan hier gevind word.

DIE ROL VAN INSULIEN

Insulien is 'n hormoon wat deur betaselle afgeskei word.

Betaselle lê in die Eilande van Langerhans wat op die pankreas geleë is. Eilande van Langerhans is ongeveer 0.1mm in totaal en bevat ongeveer 200 eenhede insulien. Die totale volume van almal saam is nie groter as 'n vingerpunt nie. (Om te dink dat iets so klein so groot invloed op die liggaam het!)

Insulien word afgeskei wanneer glukose in die bloed teenwoordig is. Ter verduideliking word insulien hier beskryf as 'n sleutel. Insulien "sluit" selle se reseptors oop. Nou kan glukose die selle binnedring om gebruik te word as energie. Verder stimuleer insulien ook die lewer om glukose te stoor as glukogeen. Insulien stimuleer ook die vorming van vette van oorblywende glukose wat nie dadelik benodig word nie, en dit stimuleer proteïen samestellings in die liggaam.

Bloedglukose  of bloedsuikervlakke word gemeet in millimol per liter (mmol/l) – in Suid-Afrika – en milligram per desiliter (mg/dl) in sommige ander lande. 1 mmol/l is ongeveer 18,05 mg/dl.

Betaselle het 'n "ingeboude bloedglukose meter" Dit registreer wanneer bloedglukose hoog is en skei dan meer insulien af en hou op insulien afskei wanneer glukose vlakke laer is. 'n Normale persoon, sonder diabetes, se insulienvlakke sal nie meer as 1-2 mmol/l styg na etes nie.

Nie alle selle insulien nodig het om glukose op te neem nie. Hulle neem glukose direk uit die bloed. Die selle word eerste beskadig wanneer verhoogde bloedsuiker vlakke oor 'n lang tydperk ervaar word. Die selle is  breinselle , senuwee eindpunte, retina van die oog, niere, adrenale kliere, asook die in bloedvate veral die kleiner bloedvaatjies.

Daar is sekere tye wanneer daar nie genoeg glukose in die liggaam is nie en dan word die afskeiding van insulien gestop om glukose te bewaar vir die mees belangrikste organe. Die liggaam benodig altyd klein hoeveelhede van inlulien, self gedurende die nag en tussen maaltye om die glukose te akkommodeer wat van die lewer afkomstig is. Dit word basale insulien of agtergrond insulien genoem. Groter hoeveelhede insulien wat benodig word tydens etes word bolus insulien genoem. Die liggaam se behoefte aan insulien verskil van dag tot dag en van een tyd in die dag tot 'n ander tyd asook van een situasie tot 'n ander situasie.

Inleiding: Diabetes en Ons

Dit was met gemengde gevoelens dat ons die pad vat Pretoria toe net nadat ons uitgevind het JH het Tipe 1 diabetes. Min het ons geweet wat nog vir ons voorlê en ons het gou uitgevind dat die pad wat ons loop maar 'n alleen pad is en dat min mense weet wat diabetes is. Daarmee saam is daar ook geweldig baie mites oor diabetes. Dit is ongelooflik om te hoor wat mense kwyt raak.

Ek het begin bekommerd raak oor Jan-Hendrik so baie water drink en op 6 jarige ouderdom skielik weer sy bed nat begin maak het – en nie net een keer per nag nie. Boonop was dit winter en die beddegoed wou net nie droog word nie. Ek het begin ongeduldig raak en geraas wanneer hy so baie water 
in die nag drink omdat ek nie wou hê hy moet weer 'n glips hê nie. Teen Woensdag die 8ste Mei 2002 het ek aan my man die moontlikheid van diabetes genoem en dit net omdat ek erensvan die simptome gehoor het.

Vrydag-oggend, 10 Mei 2002, het ek hom aangesê om niks te eet nie . Ek wou hom apteek toe gaan vat vir 'n glukose toets. Om een of ander rede besluit ek om eerder dokter toe te ry. Daar gekom, vind ons sy bloedsuiker is in die omgewing van 15 mmol en het hy ketone van 4+ (getoets met 'n uriene stokkie). Die dokter het 'n dokter in Kimberley geskakel vind ons uit dat JH ongeveer 'n week in die hospitaal sal moet bly. Daar en dan besluit ek Kimberley is uit. Die besluit was ook na aanleidning van 'n vorige slegte ervaring daar. Ek neem die inisiatief en bel 'n vorige pediater in Pretoria. Die ontvangsdame lig my in dat hulle al hulle diabete na 'n spesifieke pediatriese endokrinoloog in Pretoria verwys. Dié dokter deel my mee dat ons dadelik moet deurkom. Hulle sal vir ons wag, aangesien dit toe reeds ongeveer 10/11 uur is, 'n Vrydag en etlike ure (4-5) se ry soontoe.

Op pad koop Phanus vir ons koeldrank en uit onkunde sê ek dat hy asseblief nie iets moet koop met suiker nie. Hy moet maar vir JH 'n lemoensap koop. Ek besef natuurlik later hoe onkundig ek was en dat lemoensap propvol koolhidrate en suiker is!

In Pretoria aangekom is sy bed in die hospitaal klaar gereed en ook alles wat met die behandeling gepaard gaan. Sy suiker word getoets. Dis in die omgewing van 27mmol (natuurlik die lemoensap!). Skielik is ons in 'n wêreld van toets en spuit en 'n magdom inligting om te leer. Nooit het ek gedink ek sal dit in my hê om iemand in te spuit nie. Min het ek besef hoe baie ek nog gaan leer en dat ek nog steeds op hierdie dag - 14 jaar later - steeds navorsing doen, mense ondersteun en inligting versamel. Die eerste ongeveer ses maande het ek tot 8 ure per dag navorsing gedoen en geleer wat ek kon. Dis 'n geweldige leerkurwe.

Ek het besef indien ek in beheer wil wees van die kondisie en my kind se lewe in my hande is 24/7, moet ek leer wat ek kan. Ons bly ver van spesialiste en ek kon nie met elke probleem in die kar spring en Gauteng of Bloemfontein toe ry nie. Ek het vinnig geleer van bloedsuikers, bolusse, basale en ketone. Skielik het ek geweet al daardie voedselkennis wat ek reeds gehad het nie onnodig was nie, want dis koolhidrate tel en weet wat die invloed op JH se liggaam is. Ek is egter spyt ek het nie toe geweet dat 'n lae koolhidrate leefstyl (van minder as 30g per dag) die beste behandeling vir diabetes is nie.  Ons is aangesê dat hy kan eet wat hy wil en dat hy net hoef in te spuit vir die koolhidrate. So voer ons jare lank 'n stryd met skommelende bloedsuiker, wat vermy kon word.

Die eerste ruk was die moeilikste in my lewe. Deels, omdat ons nou met iets onbekends te doen het en andersyds, omdat dit my kind, my enigste seun is, wat daaronder ly. Nie 'n dag gaan verby wat hy nie sleg gevoel het met óf 'n hoë óf 'n lae bloedsuiker nie. Gepaardgaande hiermee is die persoonlikheidsveranderings en emosionele uitbarstings wat plaasvind as gevolg van bloedsuiker skommelinge.

Aanvanklik was JH op 'n gemengde insulien van kort en langwerkende insulien (Protophane) wat hy 2 keer per dag gekry het en 'n kortwerkende insulien (acraphane) vir etes wat later vervang is met actrapid. Daarna het hy 'n langwerkende insulien (Lantus) 1 keer per dag in die aand op dieselfde tyd gekry (basale insulien) en 'n snelwerkende insulien (Novorapid) om sy etes te dek (bolus insulien). Sedert 22 September 2007 het ons JH op die insulienpomp gesit wat elke 3 minute insulien aan die liggaam verskaf en dan word bolusse gegee om etes te dek.


Dis elke dag 'n kwessie van 'n stryd om balans. Kos, oefening, groeifases in die liggaam, seisoene, stres beïnvloed alles bloedsuiker. Maar met die krag van Bo hanteer ons elke dag soos hy kom.....